Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Minister besoek families van slagoffers in Limpopo
Fikile Mbalula, minister van vervoer, en Dickson Masemola, LUR vir vervoer in Limpopo.

19 van die 24 mense wat Sondag in ’n grusame ongeluk op die R81-pad buite Giyani in Limpopo dood is, was skoolleerlinge.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, en ’n afvaardiging van Limpopo se LUR’s het Dinsdag die oorledenes se families in onder meer die nedersetting Rapitsi in die Giyani-gebied besoek.

Mbalula het vroeër in Polokwane met verkeersbeamptes gepraat ná ’n dodelike naweek op die provinsie se paaie.

Hy het mense gewaarsku om baie versigtiger te bestuur.

Mbalula het verkeersbeamptes gemaan om nie omkoopgeld van voertuigbestuurders wat die wet oortree het, te aanvaar nie. Diegene wat dronk bestuur, is ook gewaarsku dat hul dae op die land se paaie getel is.

Mbalula het in ’n verkeersbeampte-glimbaadjie by ’n padversperring op die R81 buite Polokwane op pad na Mooketsi “diens gedoen” en met motoriste oor padveiligheid gesels.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, Dinsdag in Polokwane. Foto: RudzaniI Tshiikororo

Dit kom nadat altesame 45 mense in etlike ongelukke op die paaie in Limpopo dood is. In die dodelikste ongeluk het 24 mense in ’n Toyota Quantum-minibus reg van voor teen ’n bus gebots.

Die ongeluk het Sondag omstreeks 22:00 gebeur. Die insittendes van die oorlaaide minibus, wat slegs plek vir 16 mense gehad het, was by die nasionale jeugdagvieringe in Polokwane waar pres. Cyril Ramaphosa gepraat het en was op pad terug na hul huise toe die ongeluk gebeur het.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die slagoffers was tussen 13 en 27 jaar oud.

Inwoners van die Maphalle-nedersetting, waar die meeste van diegene wat dood is se families woon, is platgeslaan.

’n Roudiens word vir Donderdag in die nedersetting beplan.

Ramaphosa het Maandag sy skok en hartseer oor die ongeluk uitgespreek en opdrag gegee dat die plaaslike regering van Limpopo die families en beseerdes bystaan.

’n Massabegrafnis sal Saterdag in die Maphalle-nedersetting gehou word.

Meer oor:  Fikile Mbalula  |  Limpopo  |  Minister Van Vervoer  |  Padongeluk  |  Gru-Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.