Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Minister help op ongelukstoneel waar 6 sterf
Omstaanders op die toneel van die ongeluk.Foto: Verskaf

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het mediese nooddienspersoneel Sondag gehelp op die toneel van ’n busongeluk op die R81 by Ga-Sekgopo in Limpopo.

Dr. Aaron Motsoaledi
Dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het Sondag beseerdes in Limpopo gehelp wat in ’n busongeluk was toe hulle op pad was na die ANC se provinsiale 108ste vieringe. Foto: Rudzani Tshikororo
Ses mense, onder andere die busbestuurder, is in die ongeluk dood. Foto: Verskaf

Ses mense, insluitend die busbestuurder, is dood.

Motsoaledi het dit as ’n “slegte beproewing” beskryf.

“Ek was op pad na ’n ANC-byeenkoms toe ek verby die ongeluk ry. Net daarna het Limpopo se premier my gevra om (op die toneel) te gaan help. Dit was nie ’n mooi gesig nie.”

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het Sondag gesê die bus was onderweg na ’n viering van die ANC se 108ste bestaansjaar toe die ongeluk gebeur het.

“Een vrou is ernstig beseer en verskeie ander mense is lig beseer toe die bus op ’n steil pad in die Sekgopo-nedersetting in die Mopani-distrik omgeslaan het,” het Mbalula gesê. Die oorledenes is almal vroue.

Die 108ste viering sou by die Mohlabaneng-nedersetting buite Giyani plaasvind.

Motsoaledi, voormalige minister van gesondheid, het die ongelukstoneel só beskryf: “Die bus het op sy sy gelê teen ’n steil berghang waar ongelukke dikwels gebeur. Ons kon ten minste een lewe red toe ons iemand met meganiese toerusting uit die wrak verwyder het.”

Die bus het op ’n steil pad in die Sekgopo-nedersetting in die Mopani-distrik omgeslaan.Foto: Verskaf

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê ’n klag van strafbare manslag word ondersoek. Volgens hom het die ongeluk omstreeks 10:53 gebeur.

“Die voorlopige ondersoek dui daarop dat daar 35 passasiers in die bus was. Die bestuurder het beheer daaroor verloor en die voertuig het langs die pad beland. Mediese nooddienste het die busbestuurder en nog vyf slagoffers op die toneel dood verklaar.”

Volgens Mojapelo is die 29 beseerdes na plaaslike hospitale geneem. Hy sê die proses om die oorledenes te identifiseer, is nog nie afgehandel nie.

Matome Taueatsoala, ANC-woordvoerder in die Waterbergstreek, het gesê hy is geskok oor die ongeluk. “Ons is hartseer. Ons sal die ANC-vlag halfmas laat hang om oor die oorledenes te rou. Ons werk saam met die ANC-leierskap in die provinsie om die slagoffers se families te kontak en dié wat oorleef het, te besoek.”

Meer oor:  Aaron Motsoaledi  |  Limpopo  |  Minister
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.