Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Minstens 11 honde glo in Dealesville vergiftig

Inwoners van Dealesville in die Vrystaat lewe in vrees nadat minstens 11 honde glo die naweek op dié dorp vergiftig is.

Riempies is een van die honde wat die naweek in Dealesville vergiftig is. Foto: Verskaf

Kleyn Pretorius (74), ’n gestremde inwoner, se geliefde hond en “beste vriend”, Riempies, is ook die naweek dood.

“Ons lewe in vrees. Ek is magteloos, want ek het net my arms, hande en kop. Die res van my liggaam is verlam. Hoe moet ek myself en my gesin beskerm sonder my hond se hulp?”

Dieselfde woonbuurt in dié klein plattelandse dorpie is drie jaar gelede ook geteiken.

Nog ’n inwoner, Bettie de Villiers, meen die vergiftiging is daarop gemik om die diefstal van bakkies te vergemaklik. In die vorige vlaag vergiftiging is twee bakkies gesteel.

Die bakkie van Arrie Bamm, wat Saterdagoggend op sy lewelose honde op sy agterstoep afgekom het, is die naweek gesteel. Dit is sover bekend die enigste geval van voertuigdiefstal die naweek.

Bamm meen die aanslag op sy honde was in die vroeë oggendure tussen 03:00 en 04:00. “Hulle het vreeslik deur die nag geblaf en my buurman het gaan kyk, maar niemand gewaar nie.”

Later die nag was dit weer stil. Die volgende oggend het hy die gru-vonds gemaak.

“My hek se slot en ketting was geknip en my bakkie was weg uit die motorhuis.”

Volgens Bamm is elf honde die naweek vergiftig, terwyl nog enkele honde wat gif ingekry het, dit oorleef het.

Pretorius meen dat die “honde-moordenaars” harteloos is en inwoners uit hul huise wil verdryf.

“Al probeer die polisie hul werk doen en die ouens vang, doen hulle steeds te min. Ons voel onveilig en ons diere se lewens word geneem,” het Pretorius gesê.

Netwerk24 kon teen druktyd nog nie kommentaar van die polisie kry nie.

Meer oor:  Dealesville  |  Honde  |  Vergiftig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.