Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Minstens 3 000 polisielede ontplooi vir staatsrede

Minstens 3 000 polisielede is Donderdag in Kaapstad in die aanloop tot die staatsrede ontplooi en Bheki Cele, minister van polisie, het benadruk dat hulle die belangrike taak het om leiers van al drie regeringsfere te beskerm.

Cele het vroegmiddag in die Kasteel vir polisielede en metropolisielede, wetstoepassers en verkeersbeamptes van Kaapstad toegespreek voordat hulle in en rondom die parlement ontplooi is.

Hy het toe bevestig dat 1 400 polisielede, wat nie teenwoordig was nie, reeds vir die eerste helfte van die dag aan diens is.

Sowat 1 600 bykomende polisielede is die middag ook ontplooi en Cele het gesê hy kan om veiligheidsredes nie die presiese getal bevestig nie.

Bheki Cele, minister van polisie, Donderdag in die Kasteel in Kaapstad. Foto: Malherbe Nienaber
Bheki Cele, minister van polisie, spreek Donderdag polisielede toe in die Kasteel voor die staatsrede die aand in Kaapstad.Foto: Malherbe Nienaber
Polisielede en wetstoepassers in Kaapstad wag Donderdag vir Bheki Cele, minister van polisie, om hulle toe te spreek voor hulle in die aanloop tot die staatsrede ontplooi word.Foto: Malherbe Nienaber

“Jy kan jou indink hoe ernstig dié werk is, om die drie regeringsfere te beskerm terwyl hulle saam onder een dak sit – die hoofregter, die president en die speaker is saam.”

Volgens Cele was daar nog nie teleurstellings met die polisie se werk ten tyde van die staatsrede nie en voer hulle elke jaar hul pligte baie goed uit, “soos ons met die staatsrede in Februarie en voor dit gesien het.

“Dit is net ’n jammerte dat wanneer die polisie goeie werk doen, is daar stilte. As iets verkeerd gaan en iemand die pad byster raak, dan is daar ’n geraas en hoor jy daarvan.

Ek doen ’n beroep op diegene wat oor julle skryf en praat om dit ook te doen wanneer julle goeie werk gelewer het.”

Polisielede Donderdag in die Kasteel in Kaapstad, voordat Bheki Cele, minister van polisie, hulle toegespreek het.Foto: Malherbe Nienaber
Polisielede salueer terwyl die volkslied in die Kasteel gespeel word, in die aanloop tot die staatsrede Donderdag in Kaapstad.Foto: Malherbe Nienaber

Cele het gesê die polisielede wat voor hom staan, is van die room van die oes.

“Ek gee nie om wie wat sê nie, julle gedra julself en doen jul werk en ons wil julle daarvoor bedank.”

Later het Cele aan die media bevestig dat hy onlangs by ’n vergadering aan Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, voorgestel is en dat dit “regtig goed” afgeloop het.

“As ons voortgaan op dié trant, gaan baie goeie dinge uit ons samewerking vloei.”

Hy het aangedui dat dit net sy mandaat is om met die LUR te vergader en te werk, maar hy sal ook met die Wes-Kaapse premier vergader “solank dit die uitslag oplewer dat mense in die provinsie veilig is en so voel”.

Meer oor:  Bheki Cele  |  Ontplooi  |  Staatsrede  |  Beskerm  |  Drie Regeringsfere  |  3 000 Polisielede  |  Leiers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.