Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Minstens 4 sterf in 2 botsings in O-Kaap
Só het die toneel gelyk waar ’n Mercedes-Benz-motor gisteroggend vroeg teen ’n vragmotor tussen Komga en Oos-Londen gebots het. Twee mans is op slag dood. Foto: Verskaf

Minstens vier mense is die afgelope naweek in twee verskillende motorongelukke op Oos-Kaapse paaie dood.

’n Grusame ongeluk tussen Komga en Oos-Londen het gisteroggend die lewe van twee mans geëis.

Volgens kapt. Nkosikho Mzuku, ’n polisiewoordvoerder, het ’n Mercedes-Benz-motor vroeg dié oggend teen ’n vragmotor naby Bluewater gebots. Albei die Mercedes se insittendes, onderskeidelik 31 en 32 jaar oud, is op slag dood. Mzuku sê die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend, maar die ondersoek duur voort.

In ’n aparte voorval is nog twee mans dood nadat hul motors Saterdagaand kort voor middernag op die Ou Uitenhage-weg net buitekant Despatch gebots het.

Volgens kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, het die motors, ’n Volkswagen Jetta en ’n Polo, in teenoorgestelde rigtings gery toe hulle gebots het.

Swart sê die omstandighede rondom die ongeluk is nog onbekend, maar ’n ondersoek sal volg.

“Twee insittendes van die Jetta, ongeveer tussen die ouderdomme van 25 en 40 jaar oud, is op die toneel dood.

“Nog ’n passasier is na ’n plaaslike hospitaal gehaas,” sê Swart. “Die drie insittendes in die Polo is na hospitale in die omgewing geneem.”

Swart sê die omstandighede rondom die ongeluk is nog onbekend, maar ’n ondersoek sal volg.

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

Die name van die oorledenes word bekend gemaak sodra die naasbestaandes hulle uitgeken het.

Meer oor:  Mercedes Benz  |  Oos-Kaap  |  Padongelukke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.