Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Minstens 72 mense dié langnaweek dood op paaie

Minstens 72 mense het hul lewe oor die Paasnaweek op Suid-Afrikaanse paaie verloor.

Volgens kenners sou verkeer op byna al Suid-Afrika se nasionale paaie Maandag ’n piek bereik wanneer motoriste ná die langnaweek teruggekeer het huis toe.

Geen erge verkeer word Dinsdag verwag nie.

Netwerk24 het die voorlopige padsterftesyfer bepaal deur met provinsiale verkeershoofde te praat en uit verklarings deur ambulansdienste.

Statistiek vir KwaZulu-Natal, Mpumalanga en die Noord-Kaap kon egter nie bekom word nie. Daarom sal die padsterftesyfer vir die Paasnaweek waarskynlik veel hoër wees wanneer dr. Blade Nzimande, minister van vervoer, ná verwagting later die week dit amptelik bekend maak.

Uit die provinsies waarvan die voorlopige statistiek wel vasgestel kon word, het die Wes-Kaap (32) die grootste aantal padsterftes gehad gevolg deur Limpopo (18) en Noordwes (11).

Wes-Kaapse dodetal

Die 27 mense in die Wes-Kaap is reeds Donderdag aan die begin van die Paasnaweek dood, berig Roshé Taka.

Kenny Africa, Wes-Kaapse provinsiale verkeershoof, het Sondag gesê 90% van die sterftes was in die Kaapse metro.

Volgens hom sluit die sterfgevalle 12 voetgangers, vier bestuurders en drie passasiers in.

“Die Paasnaweek eindig eers Maandag en dan sal die syfers bekendgemaak word. Verlede jaar was daar 27 sterfgevalle,” het Africa gesê.

Limpopo

In Limpopo, waar die tweede meeste sterfgevalle op paaie aangeteken is, het verkeer Maandag vir etlike kilometers by die Kranskop-tolhek buite Modimolle (Nylstroom) in Limpopo opgehoop, berig Marietie Louw-Carstens.

Derduisende kerkgangers van die Zion Christian Church (ZCC) het die terugtog aangepak na hul huis nadat hulle die Paasnaweek in Moria, sowat 30 km buite Polokwane in Limpopo, saamgetrek het.

Minstens nege mense is die naweek op Oos-Kaapse paaie dood.

Oos-Kaap

Cara-Lee Scheun berig minstens nege mense is die naweek op Oos-Kaapse paaie dood.

Dié mense is in drie onderskeie ongelukke tussen Donderdagaand en Maandagoggend in Mthatha op die N2, op die R61 in Ngcobo en op die R335 in Motherwell dood.

Weziwe Tikana, Oos-Kaapse LUR vir vervoer, het Maandag haar medelye uitgespreek teenoor families wat geliefdes in motorongelukke verloor het.

Sy het ook verkeersowerhede bedank vir hul onverpoosde werk oor die langnaweek, wat gelei het tot die inhegtenisneming van 26 dronk bestuurders op die provinsie se paaie.

“Mense wat onder die invloed van alkohol bestuur, is steeds een van die grootste bydraende faktore tot noodlottig motorbotsings in die land, en in die Oos-Kaap is dit nie anders nie.”

Gauteng

In Gauteng is minstens ses mense luidens verklarings deur ambulansdienste in drie aparte ongelukke dood. Sizakele Nkosi-Malobane, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die provinsie, kon egter nie bereik word om ’n meer akkurate aanduiding te gee nie.

Sy het wel Maandag in ’n verklaring gesê sy is bekommerd oor die getal sterftes op paaie in Gauteng oor die Paasnaweek.

Luidens dieselfde verklaring is 68 mense Saterdag op Gautengse paaie weens dronkbestuur in hegtenis geneem.

In die Vrystaat is minstens vier mense op paaie dood.

Meer oor:  Paasverkeer  |  Padsterftes  |  Paaie  |  Oorlede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.