Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Misdaad gekeer as vuurwapens ingegee word
Ter illustrasieFoto: SAPD

Die polisie het in die vorige amnestietydperk wat einde Mei verstryk het, 46 714 vuurwapens ontvang.

In die tydperk toe die land op vlak 4 en vlak 5 van die staat van inperking was, het mense egter nie hul vuurwapens gaan ingee nie, sê die polisie. Daarom is daar nou nog ’n amnestietydperk sodat meer vuurwapeneienaars die geleentheid kry om dit te kan doen.

Die nuwe amnestietydperk geld van 1 Augustus tot 31 Januarie – weer ’n tydperk van ses maande.

Bheki Cele, minister van polisie, het dié nuwe amnestietydperk Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer.

Die polisie het ’n beroep gedoen op vuurwapeneienaars om vuurwapens en ammunisie te gaan ingee by hul naaste polisiekantoor. Eienaars kan besluit of hul vuurwapens vernietig moet word, en of dit by die polisie bewaar moet word tot die eienaars hul bevoegdheidsertifikate en vuurwapenlisensies hernu het.

Die polisie het in ’n verklaring gesê die jongste misdaadstatistieke het gewys vuurwapens is die wapen van keuse in die meeste gewelddadige misdade. Deur die hoeveelheid vuurwapens te verminder wat in die verkeerde hande kan beland, kan dit ook help om die gety van geweldsmisdade te probeer beperk.

Deur die amnestie kry mense die geleentheid om onwettige vuurwapens, asook vuurwapens wat hulle nie meer in hul besit wil hê nie, in te gee. As ’n vuurwapen egter in ’n misdaad gebruik is, val die amnestie onmiddellik weg.

Alle vuurwapens wat ingedien word, word ballisties getoets om te verseker dat dit nie in een of ander misdaad gebruik is nie.

Vir navrae oor die amnestietydperk kan ’n epos gestuur word aan cfrenquiry@saps.gov.za of bel 012 353 6111.

Meer oor:  Bheki Cele  |  Vuurwapen-Amnestie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.