Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Mobiele toetseenhede voor Paas-naweek op paaie
Een van die nuwe mobiele toetseenhede wat Donderdag by die Carousel-tolhek noord van Pretoria bekend gestel en in gebruik geneem is. ’n Motor se remme, wielsporing en onderstel kan hier nagegaan word. Foto: Deaan Vivier

Die Gautengse departement van paaie en vervoer het nuwe mobiele padwaardigheidseenhede bekend gestel om motoriste oor die Paasnaweek te beveilig.

Basil Nkhwashu, waarnemende bevelvoerder van die Tshwane-metropolisiediens, het Donderdag op die bekendstelling van die Paasnaweek-padveiligheidsveldtog gesê dit is nie soos verlede jaar toe die pandemie net uitgebreek het en niemand oor die Paasnaweek kon reis nie.

“Mense mag vanjaar oor provinsiale grense heen reis en daarom is ons personeel op ’n hoë gereedheidsvlak.”

Voertuie se remme, wielsporing en onderstel sal onder meer by die mobiele eenhede nagegaan word. Dit is aan ’n rekenaar gekoppel en die uitslae is onmiddellik beskikbaar.

Randall Williams, burgemeester van die Tshwane-metro, het ook die bekendstelling bygewoon by die Carousel-tolhek, noord van Pretoria, waar die motors reeds tougestaan het om noord deur die tolhek te ry.

Volgens hom sal die mobiele eenhede die metropolisie se hande in die toekoms versterk.

Die verkeer uit Gauteng na die noorde was Donderdagmiddag al druk. Motors het in toue gestaan om deur die Carousel-tolhek te ry. Foto: Deaan Vivier

“Navorsing het getoon dat een uit tien ongelukke deur onpadwaardige voertuie veroorsaak word. Hierdie eenhede is dus van kritieke belang om lewens te red,” het hy gesê. Hy het motoriste gevra om seker te maak dat hul voertuie padwaardig is.

Hy het ook gewaarsku dat dronkbestuur nie geduld sal word nie en dat inperkingsregulasies steeds geld, soos die aandklokreël, wat van middernag tot 04:00 geld.

Swaar verkeer word veral op die N3 tussen Johannesburg en Durban, die N12 na Potchefstroom, die N1 na Polokwane en die N4 na Rustenburg en Mpumalanga verwag.

Sello Maremane, woordvoerder van die Gautengse verkeersafdeling, het motoriste gemaan om geduldig te wees wanneer hulle op dié paaie reis.

Wetstoepassers sal op al die roetes wees, asook op verskeie misdaadbrandpunte oor Gauteng heen.

“Ons vra dat padgebruikers versigtig sal wees in die tyd wat deur hoë verkeersvolumes gekenmerk word en dikwels tot noodlottige ongelukke kan lei,” het Maremane gesê.

Die Tshwane-metropolisielede het Donderdag ’n padblokkade by die bekendstelling van die Paasnaweek-padveiligheidsveldtog gehou. Foto: Deaan Vivier
Randall Williams, burgemeester van die Tshwane-metro, was Donderdag by die bekendstelling van twee mobiele toetseenhede by die Carousel-tolhek noord van Pretoria. Foto: Deaan Vivier

Meer oor:  Paasnaweek  |  Verkeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.