Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Model vra verskoning vir wat sy as tiener kwytgeraak het

’n Jong model van Gauteng wat ingeskryf het vir vanjaar se Mej. SA-kompetisie, maar toe van rassisme beskuldig is, het Woensdag om vergifnis gepleit vir die Twitter-plasings wat sy as ’n tiener gemaak het.

Bianca Schoombee se profielfoto op Twitter. Foto: Twitter/Bianca Schoombee

“Ek vra dat jy dit in jou hart sal vind om die menings van ’n tiener, wat geweldig gegroei het en op pad is om haarself weer op te bou as ’n Suid-Afrikaner wat die kern van ons demokrasie vergestalt, te vergewe,” het Bianca Schoombee (21) van Johannesburg Woensdagmiddag op Twitter gesê.

Sy is van rassisme beskuldig oor plasings op Twitter waarin sy as tiener kru grappe oor swart mense gemaak het. Die plasings van 2013 en 2014 het weer opgeduik kort nadat haar inskrywingsvideo vir die gesogte skoonheidskompetisie op sosiale media gedeel is.

Die hutsmerk #BiancaMustFall is teen Woensdag omstreeks 18:00 meer as 31 000 keer op Twitter in Suid-Afrika gebruik.

Schoombee het haar intussen aan die Mej. SA-kompetisie onttrek.

“Dié besluit sal my ruimte gee om te versoen met die gevolge van wie ek destyds was en wie ek geword het – ’n doeltreffende burger in my land,” sê Schoombee.

Sy was 15 jaar oud toe sy die kru grappe gemaak het.

Stephanie Weil, hoof van die Mej. SA-organisasie, het in ’n verklaring gesê daar is goeie bestuur in plek om te verseker dat Mej. SA-finaliste en -semifinaliste se waardes in pas is met dié van die organisasie.

“Ons reëls verklaar dat enige semi-finalis of finalis nie betrokke mag gewees het by enige onsmaaklike of onetiese voorvalle of optrede wat die organiseerders of die Mej. SA-kompetisie in oneer kan bring nie.

Bianca Schoombee se verskoning op Twitter. Foto: Twitter/Bianca Schoombee
Bianca Schoombee se verskoning op Twitter. Foto: Twitter/Bianca Schoombee
Bianca Schoombee se verskoning op Twitter. Foto: Twitter/Bianca Schoombee

“Onsmaaklike of onetiese gedrag sluit in, maar is nie beperk nie tot, omkopery, rassisme, seksisme of laster.”

SYNC Model Management, Schoombee se modelagentskap sedert 2018, het op Twitter gesê die agentskap steun haar besluit om haar aan die kompetisie te onttrek.

Die agentskap het Schoombee Woensdag ook op Twitter verdedig.

“Ons wil noem dat mense nie in die verlede moet leef nie, want dit definieer nie die toekoms nie en Bianca het as persoon holisties gegroei.”

Die plasings is egter deur die loop van die dag verwyder.

Die model se pa, Deon Schoombee, het in ’n Facebook-boodskap aan Netwerk24 gesê “vir eers gaan ons nie dat Bianca met iemand praat nie”.

Volgens hom is sy dogter “nie op ’n goeie plek nie” en is “baie hartseer”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.