SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Algemeen
Kontrei
Modelle vlieg by Gariepdam
Gariepdammers het kom inloer by die Gariep Fly In waar modelvlieg-tuigvlieëniers van oor die land heen hul vaardighede kom toets het. Wikus Wiese, ’n plaaslike sakeman, staan tussen die Aventura-oordbestuurder, Adriaan Harper (links) en sy vrou, Shantel. Foto’s: Coreli Roos
Davon Lambrecht, ’n kaptein by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) wat van Kempton Park kom, het vir die eerste keer by Gariepdam deelgeneem. Hy was baie beïndruk deur die lughawe en vliegtoestande en sê dis ideaal. Hy het as vyfjarige knapie saam met sy ingenieur-pa begin vlieg en is ook ’n gekwalifiseerde avionika-tegnikus. Sy netjiese wit en groen Aston Martin-straler getuig van ingenieurspresisie. Hy het dit self gebou. Dit is 2,7 m lank, het ’n vlerkspan van 2,5 m en weeg sowat 25 kg. Die romp is van ’n mengsel van veselglas en koolstofvesel gemaak en uit Duitsland ingevoer. “Die straler se tenk gebruik 5,2 liter stralerbrandstof, hy kan vir 8 minute in die lug bly en sy topspoed is op 357 km per uur gemeet.” ’n Temperatuur van 600°C – 800°C is gemeet wat tydens ’n vlug opgebou word.
’n Paar toeskouers geniet die Breitling-toertjie. Die vliegtuig is ’n 40%-skaalmodel van ’n oorspronklike volgrootte Extra 330- aërobiese vliegtuig en word aangedryf deur ’n 170 cc-tweesilinderpetrolenjin. Die vlieënier is Louis Genade van Hermanus in die Wes-Kaap.

Gariepdam. – Vier dae lank was Gariepdam ’n miernes van bedrywigheid toe byna 100 vlieëniers van modelvliegtuie onlangs hier saamgetrek het vir die sesde jaarlikse Gariep Fly In.

Deelnemers van so ver as Kaapstad, Oudtshoorn, Richardsbaai, Bloemfontein, Kimberley, Upington en Gauteng het hul vliegtuigies hierheen gebring. Toeskouers van Gariepdam en omliggende dorpe het ook kom inloer.

Hierdie is nie ’n kompetisie nie, maar slegs ’n byeenkoms waar geesdriftiges hul vliegtuie en hul vaardighede kan toets.

Volgens die organiseerder van die byeenkoms, Boet Denysschen van Jets-r-us, het 98 vlieëniers met sowat 200 vliegtuie van verskillende soorte en groottes saamgetrek om hul gemeenskaplike belangstelling te deel. Onder die soort vliegtuie wat deelgeneem het, was opleidingsvliegtuie, sportvliegtuie, skaalmodelle van volskaal-vliegtuie, sweeftuie, dubbeldekker-vliegtuie en helikopters.

Denysschen sê hulle het Gariepdam gekies omdat dit vir die meeste vlieëniers sentraal geleë is, vir sy “perfekte gerie- we en akkommodasie” en hulle het dit in die middel van die winter gehou omdat al die provinsies se skoolvakansies dan oorvleuel. Saam met die familie en belangstellendes het ongeveer 160 mense die geleentheid bygewoon.

Volgens Denysschen hoop hulle om later vanjaar, moontlik teen einde Oktober, ’n soortgelyke nie-kompetisie-saamtrek slegs vir stralers te ­reël indien die lughawe beskikbaar sou wees. Hulle wag nou op toestemming van die lughawe-eienaar voordat hulle ’n datum kan bevestig.

“Die eerste saamtrek met modelvliegtuie was so 30 jaar gelede by Gariep, daarom dat ons elke keer terugkeer,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.