Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Moeg vir tatoe? Room g’n kuur

Geen room of wonderkuur kan tatoeëermerke verwyder nie – jy kan slegs daarvan ontslae raak deur die vel weg te sny en ’n veloorplanting te doen.

Die tatoeëermerke.

Dit het die 45-jarige Annette Meintjies tot haar skok agtergekom nadat sy R1 700 vir rome en olies betaal het wat sy oor die internet bestel het wat veronderstel was om haar tatoeëermerk te laat verdwyn.

Meintjies sê sy het in Augustus 2017 “vir die pret” ’n tatoe van ’n blou roos op haar linkerboud laat aanbring. Einde verlede jaar, ná haar pa se dood aan hart- en nierversaking, het sy besluit sy het genoeg gehad van die roos.

Deur ’n internetsoektog het sy afgekom op “dokter Wako” wat ’n room bemark wat hy beweer tatoes binne twee of drie weke kan laat verdwyn. Sy het R900 in sy bankrekening inbetaal.

Die houertjies room wat niks help.

’n Rukkie later het hy per WhatsApp laat weet sy moet vir twee produkte – ’n room en ’n olie – en R100 vir koerieronkoste opdok.

Nóg ’n dag later wou hy nog R300 vir die koerier hê. Uiteindelik het Meintjies R1 700 opgedok vir ’n room wat die “koerier” verlede Saterdag op Kerkplein in Pretoria aan haar oorhandig het.

Een produk was in ’n tweedehandse houer van ’n ander room waarvan die handelsnaam al begin verweer het. “Ek het van verlede Maandag die room twee keer per dag aangesmeer en ek sien dit word effens ligter, maar dit gaan nie heeltemal weg nie,” het Meintjies die afgelope week gesê.

Só adverteer dr. Wako sy produkte aanlyn.

“As ek my room opgebruik het sal ek ’n penlaser gebruik. Dalk werk dit vinniger,” sê sy hoopvol.

“Dr. Wako” het die afgelope week aan Rapport gesê sy room het geen newe-effekte nie en is “100% gewaarborg”. Weens sy onderneming se “gedragskodes” kon hy Rapport nie na enige tevrede kliënt verwys nie.

Dr. Carla Norval, ’n plastiese chirurg van Johannesburg, sê “dr. Wako” praat bog. Tatoeëer-ink word deur ’n naald sowat een millimeter onder die epidermis in die selle van die dermis (die laag van jou vel wat ook jou sweetgaatjies en haarwortels bevat) ingespuit.

“Om ’n tatoe te verwyder vereis dikwels meer as een operasie.”

Norval sê laserbehandeling is effektief, maar is seer en duur, en laat dikwels ’n merk agter.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.