Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
'Moenie Karlien, baba die dood toewens nie'
Barry Pretorius, regisseur en vervaardiger van Classics is Groot, sê hy het Karlien van Jaarsveld verdedig omdat hy haar persoonlik ken.

“Karlien (van Jaarsveld) is ’n lieflike mens. Dit is oukei om nie van haar te hou nie, maar dit is nie reg om haar of haar baba die dood toe te wens nie,” sê Barry Pretorius, regisseur en vervaardiger van Classics is Groot.

Sy reaksie kom nadat ’n man negatiewe kommentaar oor Van Jaarsveld se swangerskap op Facebook geplaas het en gesê het sy moet ’n aborsie kry.

Pretorius sê daar is ’n groep mense wat nie besef dat bekendes ook mense is en dat hulle gevoelens het nie.

“Kritiek is nie ’n slegte ding nie. Jy kan ’n kunstenaar aanvat en sê jy hou nie van hul musiek nie, maar jy kan nie in hul karakter klim en dan die dood vir hulle toewens nie,” sê hy.

Wat gaan gebeur wanneer haar ongebore baba groot word en so iets lees?
Barry Pretorius

“Karlien het twee jaar gelede ’n miskraam gehad en nou sê hy sulke goed. Daar is mense wat aborsies gehad het, of hulle wou of nie, maar dit is sulke goed wat gesê word wat hulle terugruk na daardie emosies.”

Pretorius was verskriklik geskok toe hy lees wat oor Van Jaarsveld geskryf is. Hy wonder wat gaan gebeur as Van Jaarsveld se kinders dit lees.

“Daardie kinders gaan skool toe. Wat gaan oor hulle gesê word? Wat op sosiale media geskryf word, bly vir altyd daar. Wat gaan gebeur wanneer haar ongebore baba groot word en so iets lees?”

Pretorius het vir die man ’n persoonlike boodskap gestuur en gesê wat hy gedoen het, is onmenslik en belaglik nadat die man gesê het: “Solank ek net die woord ‘aborsie’ of ‘histerektomie’ hoor is die saak p**le. Dis ’n f****n onreg aan die samelewing wat sy doen!”

Karlien van Jaarsveld spog met haar bababoepie op sosiale media. Foto: Instagram

Die man het Pretorius geantwoord en sê dit is sy opinie. “Ongelukkig vir jou, (hoe) siek dit ook al dit mag wees (dankie vir jou kompliment – ek neem ACTUALLY nie eens ’n bietjie aanstoot nie) – maar aborsies is ongelukkig legal. Dalk moet jy ’n petisie gaan teken om jou beswaar te toon. Want my twee breinselle het darem méér grade as wat jy in jóú lewe sal hê. Maar ek het jóú sommer die guns gedoen en (die Facebook-inskrywing) gedelete. Ek wil nie met swape soos jy geassosieer word nie en ek is seker hy óók nie (sic).”

Dié man en Pretorius is slegs Facebookvriende en ken mekaar nie persoonlik nie.

Pretorius sê hy staan by sy standpunt omdat hy Van Jaarsveld persoonlik ken en kan daarom vir haar opstaan.

“Ons moet leer om mekaar te respekteer en te verdra, al hou ons nie van mekaar nie,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.