Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Moenie van húl vergeet op Werkersdag’

Op Werkersdag kan mens nie vergeet dat een uit elke drie mense nie werk kan kry nie.

Mmusi Maimane, DA-leier, het só in Kaapstad op die 22ste viering van Werkersdag gesê.

“Dit (Werkersdag) is ’n dag waarop ons die miljoene werkende Suid-Afrikaners vier en eer wat hierdie land elke dag help bou en wat die ruggraat van ons ekonomie is,” het Maimane gesê.

Hy het gesê sonder die werkers sou Suid-Afrika nie vorentoe kon beweeg nie.

“Maar terwyl ons Werkersdag vier, kan ons nie vergeet dat een uit drie mense in Suid-Afrika tans nie werk kan kry nie.”

Maimane het gesê politieke vryheid is al in Suid-Afrika verkry, maar ekonomiese vryheid is steeds net ’n “droom” vir die 8,2 miljoen Suid-Afrikaners wat werkloos is.

Hy het gesê waar die DA regeer, is daar “reuse-vooruitgang” gemaak om ’n bemagtigende omgewing te ontwikkel waarin entrepreneurs en klein ondernemings kan floreer.

Volgens Maimane gaan die DA aanhou om verandering te bewerkstellig en Suid-Afrika vorentoe te neem.

President Jacob Zuma kom by ’n geleentheid ter viering van Werkersdag in Mamelodi buite Pretoria aan. Foto: Claudi Mailovich

Pres. Jacob Zuma was ook Sondag by een van die talle sogenaamde May Day-saamtrekke wat vir Werkersdag deur Cosatu gereël is.

Zuma is toegejuig toe hy by Moretele-park in Mamelodi buite Pretoria opgedaag het en hy het glimlaggend vir ondersteuners gewaai.

Soos wat ’n mens deur Mamelodi ry, was daar oral EFF-plakkate.

Die president se gesig pryk egter op klaarblyklik nuwe T-hemde wat trots deur mense op pad na Moretele-park gedra is.

S’dumo Dlamini, president van Cosatu, is die hoofspreker by die geleentheid waar Zuma vir die ANC sy boodskap van ondersteuning bring.

Dr. Blade Nzimande, hoofsekretaris van die SAKP, praat ook Sondag in Mamelodi.

Die skare in Mamelodi was klein: Dit het gelyk asof daar minder as 1 000 mense op die bewolkte Sondag by dié Werkersdag-saamtrek was.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.