Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Moenie vir Joost afskryf, sê Derick
Joost van der Westhuizen, sy vervreemde vrou Amor Vittone en hul kinders Jordan en Kylie.Foto: Facebook

Moet nooit vir Joost van der Westhuizen afskryf nie. Hy sál die ontmoontlike oorwin.

Só het die oud-Springbokrugbyspeler Derick Hougaard Sondag op Facebook geskryf.

Van der Westhuizen veg sedert Saterdag om sy lewe nadat hy na die Fourways Life-hospitaal in Johannesburg gehaas is. Sy toestand is Saterdagaand gestabiliseer nadat daar vir die ergste gevrees is.

Sondag het Joost se J9-stigting op Facebook gesê die oud-Springbokkaptein voel heelwat beter, hoewel hy moeg is en die middag gerus het.

Hougard het gesê Joost se grootste oorwinning het gekom nadat hy ophou rugby speel het.

“Hy het so baie mense geroer en ’n ware verskil in hul lewe gemaak. Daar is meer liefde en mense langs sy bed as by sekere rugbywedstryde.”

Hougaard het ook gesê hy is spyt het nie meer tyd saam met Joost deurgebring nie.

“Joost was ’n mentor nog voordat ek die moed gehad het om hom ’n vriend te genoem het.”

Daar is meer liefde en mense langs sy bed as by sekere rugbywedstryde.
Derick Hougaard

Ook Van der Westhuizen se vrou, die sangeres en TV-aanbieder Amor Vittone, het Sondag gesê dit is die heeltyd “touch and go”, maar Joost is beslis nog besig om te baklei om aan te hou leef.

Vittone het gesê sy worstel met ’n “roller coaster van emosies” met Van der Westhuizen wat die een oomblik wakker en die volgende onder verdowing is.

Vittone het Sondag aan Rapport gesê sy het Jordan (13) en Kylie (10) Saterdag na die Fourways Life-hospitaal in Johannesburg geneem om Joost te gaan groet.

“Dit was baie erg, en toe kom hy weer terug,” het ’n emosionele Vittone gesê.

“Ek en my kinders was Saterdag langer as 12 uur by die hospitaal. Daar was geen kommunikasie nie. Hy was in ’n koma. Die kinders het sy yskoue handjies vasgehou. Die personeel het vir ons gesê ons moet hom groet. Dit was baie erg.”

Hulle het by die hospitaal gebly en aanhou hoop.

“Later is ons weer terug na sy kamer. Kylie het op sy bed aan die slaap geraak. Ek het nog vir Joost se ma gesê kyk hoe lekker slaap sy. Die volgende oomblik kom Joost skielik net by. Ek het vir hom gesê: ‘Joost, Kylie en Jordan is hier’ en hy het sy oë geknip om te wys hy hoor. Dit was ’n ongelooflike oomblik.”

Joost is toe weer verdoof.

“Terwyl hulle daarmee besig was, kyk Kylie toe vir my en sê: ‘Mommy look, they are giving daddy a second fighting chance’.”

Joost is steeds kritiek in die waakeenheid.

Vittone het ook Sondag haar woede uitgespreek teenoor diegene wat haar op sosiale media daarvan beskuldig dat sy onder meer “op die publisiteit rondom Joost se rug ry vir eie gewin”.

Ek is baie lief vir hom en ek en my hele familie staan hom nog die hele tyd by. Mense het geen idee waardeur ons gaan nie.
Amor Vittone

“Ek is briesend kwaad! Hoe kan mense sulke goed in die openbaar sê as hulle nog nie in my skoene geloop het nie? Hulle kan klippe gooi, maar ek sal my empire bou met hul klippe,” het Vittone Sondagmiddag gesê.

“Ek is baie lief vir hom en ek en my hele familie staan hom nog die hele tyd by. Mense het geen idee waardeur ons gaan nie.”

Nietemin het die meeste van Vittone se aanhangers haar en haar gesin getroos en sterke toegewens in dié moeilike tyd.

Sy het gesê sy probeer Jordan en Kylie se daaglikse roetine so normaal moontlik hou.

“Hulle moet weet wat aangaan met Joost. Hulle het die jare se agteruitgang gesien, maar hulle hanteer dit goed en wys hulle word baie vinnig volwasse.

“Maar ons weet die Here is in beheer,” sê Vittone. – Saamgestel deur Suzanne Venter, Simon Sonnekus en Nico Gous.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.