Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Moet ons geboue brand voor Cele ons hoor? vra Nyanga

Die Nyanga-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) sien rooi oor Bheki Cele, minister van polisie, wat versterkings na Westbury in Gauteng gestuur het terwyl die inwoners van dié misdaadgeteisterde woonbuurt in Kaapstad steeds wag.

Martin Makasi, voorsitter van die Nyanga-GPF. Foto: Verskaf

Martin Makasi, voorsitter van die Nyanga-GPF, sê hulle is “baie teleurgesteld” dat Cele nie sy beloftes aan die mense van Nyanga nagekom het nie.

“Hy het belowe om 62 lede van die taktiese reaksiespan na Nyanga te stuur. Ses maande later wag ons steeds, maar hy het Westbury Woensdag besoek en binne enkele ure is sy beloftes nagekom.”

Makasi sê toe hulle by die minister se kantoor wou weet waar die bykomende polisielede vir Nyanga is, is hulle meegedeel dat die lede van die taktiese reaksiespan nog opgelei word.

Volgens Makasi is die Sophiatown-polisiekantoor nie eens op die lys van toptien-polisiekantore wat geweldsmisdaad moet hanteer nie, terwyl Nyanga “al jare lank die land se moordhoofstad” is.

“Dit is net verbysterend dat mense moet betoog voordat hulpbronne beskikbaar gestel word. Dis asof die minister nou sê die inwoners moet die strate versper en geboue aan die brand steek (as hulle gehoor wil word).”

Cele het Donderdagoggend teruggekeer na Westbury met 143 wetstoepassers wat in die woonbuurt ontplooi is “om die vrede te herstel en stabiliteit teweeg te bring”.

Die lede bestaan uit die Johannesburgse metropolisie, die polisie se taktiese reaksiespan, die honde-eenheid en die nasionale ingrypingseenheid. Hy sê die eenhede sal so lank as wat dit nodig is in die woonbuurt ontplooi wees.

Inwoners van Westbury betoog die aflope week oor die geweld wat met die bendes en dwelmhandel in die woonbuurt gepaardgaan.

Meer oor:  Polisie  |  Bheki Cele  |  Nyanga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.