Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Mokopane: Ontevrede inwoners ruk op oor griewe
Andrina Matsemela, die burgemeester van Mokopane. Foto: Mogalakwena-munisipaliteit

Betogers het Donderdag na die Mogalakwena-munisipaliteit in Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo opgeruk omdat hulle ontevrede is oor die gebrek aan dienslewering, onbevoegdheid, wanbesteding en korrupsie.

“Daar was sowat 1 500 betogers wat aan die Sanco-gedrewe optog na die munisipaliteit deelgeneem het,” het brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, by navraag gesê. ’n Memorandum van griewe is later aan genl.maj. Jan Scheepers, waarnemende provinsiale kommissaris, oorhandig.

Volgens Mojapelo het die optog by die kantore van binnelandse sake begin waarna die betogers na die munisipaliteit is.

“Die optog het sonder voorval by die polisiekantoor geëindig,” sê Mojapelo.

Die optog volg ná die moord op raadslid Valtyn Kekana (54) en Ralph Kanyane (32), ANC-sekretaris in die Mogalakwena-streek. Die twee mans het op 23 Julie in ’n motor gesit toe ’n man op hulle losgebrand het. Hulle is op die toneel dood verklaar. ’n Hoëvlak polisieondersoekspan is intussen saamgestel om die moorde op te los.

Malesela Selokele, woordvoerder van die Mogalakwena-munisipaliteit, het Donderdag bevestig dat amptenare ’n memorandum namens Andrina Matsemela, burgemeester, ontvang het.

“Die burgemeester moes ongelukkig ander verpligtinge nakom,” sê hy.

’n Protesoptog word ook vir Vrydag beplan. “Die optog sal onder meer Dudu Madisha-, Nelson Mandela-, Pretorius- en Retief-strate raak. Die publiek word aangeraai om dié strate te vermy. ’n Groot aantal polisiebeamptes sal weer ontplooi word om wet en orde te handhaaf,” sê Selokele.

In die ouditeur-generaal se munisipale ouditverslag vir 2017-’18 was die Mogalakwena-munisipaliteit die tweede grootste oortreder ten opsigte van oorbesteding omdat hy sy begroting met R1,12 miljard oorskry het.

Die burgerregtegroep AfriForum het in Julie ’n strafregtelike klag teen Matsemela by die Mokopane-polisiekantoor ingedien ná bewerings dat sy in 2018 sowat R1,5 miljoen van munisipale geld aan haar verjaardagpartytjie bestee het.

Meer oor:  Munisipaliteit  |  Betogers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.