Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Mokopane tot stilstand gedwing

Die meeste winkels, skole en sakeondernemings in Mokopane (Potgietersrus) moes Woensdag noodgedwonge hul deure sluit uit vrees vir vandalisme deur ontstoke betogers wat die strate ingevaar het.

Die betogers eis die afdanking van Andrina Matsemela, burgemeester van die Mogalakwena-munisipaliteit in Mokopane. Dit is die tweede keer in twee weke wat die dorp in Limpopo tot stilstand gedwing word.

Gemoedere in die dorp loop hoog sedert twee ANC hoës bykans drie weke gelede koelbloedig doodgeskiet is, kort ná ’n raadsvergadering waar hulle glo vir ’n forensiese ondersoek na beweerde tenderbedrog gevra het.

Korny Dekker, DA-raadslid in Mokopane, sê inwoners is keelvol vir die protesaksie wat sake in die dorp ontwrig.

Marcelle Maritz, VF Plus-leier in Limpopo en ’n jarelange inwoner van Mokopane, sê ’n groep betogers het ná 10:00 hul optog na die munisipale gebou begin.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die polisie is ontplooi en sal nie geweld toelaat nie. Die situasie is nog vreedsaam.

Mokopane, shutdown
Winkels is gesluit en strate is verlate in Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo terwyl betogers eis dat die burgemeester afgedank word. Foto: Korny Dekker
Mokopane, shutdown
Die Crossing-winkelsentrum is gesluit terwyl inwoners betoog en eis dat die burgemeester afgedank word. Foto: Korny Dekker
Mokopane, shutdown
Die polisie en verkeersbeamptes ontplooi waar betogers na die munisipale gebou opruk. Foto: Verskaf

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.