Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Molefe se huis vir R15,5 miljoen te koop
Brian Molefe se weelderige huis in Pretoria is vir meer as R15 miljoen in die mark. Foto: Pam Golding Properties

Brian Molefe, voormalige uitvoerende groephoof van Eskom, se weelderige huis in Pretoria is vir R15,5 miljoen in die mark.

Die luukse woning van 1065 m² op ’n 1,07 h erf in Cornwall Hill met sy uitsonderlike ingang word in ’n advertensie vir eiendomme beskryf as “die toonbeeld van elegansie en klassieke lyne”.

Die huis met kringtelevisiekameras beskik oor vyf ruim slaapkamers, (almal en suite) en ontvangsareas wat lei na ’n onderdak onthaalarea met ’n pragtige versorgde tuin en swembad.

Daar is ’n kombuis met verskeie eetareas, kaggels en ’n sitkamer. Die huis spog ook met ’n goed toegeruste gimnasium, met ’n sauna, kleedkamer, stort en ’n balkon met ’n uitsig en vier motorhuise.

Molefe het die spoghuis in Januarie 2016 vir R10 miljoen gekoop. Volgens ’n destydse berig op News24 was die huis vir R17 miljoen in die mark maar het Molefe ruim afslag gekry toe hy dit by Tshepo Mahloele, ’n vriend en kollega van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) oorgekoop het.

Die huis het ’n pragtig versorgde tuin en swembad. Foto: Pam Golding Properties

Eskom het in Augustus vanjaar aangekondig dat hy en die spesiale ondersoekeenheid (SOE) ’n dagvaarding in die hooggeregshof in Pretoria uitgereik het om fondse van voormalige Eskom-bestuurders, voormalige raadslede, lede van die Gupta-familie en hul medewerkers, en andere, waaronder Molefe, te verhaal.

Molefe het vir homself ’n pensioen van sowat R30 miljoen beding in die tydperk voordat hy einde 2016 by Eskom weg is.

Die huis beskik oor vyf slaapkamers, almal en suite. Foto: Pam Golding Properties
Brian Molefe se spoggerige kombuis is enige sjef se droom.. Foto: Pam Golding Properties
Een van die ontspanningsareas. Foto: Pam Golding Properties

Meer oor:  Brian Molefe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.