Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Moles op kampus: Student van EFF-‘vullisvideo’ praat

Vir hom is die video waarin hy rommel optel terwyl betogers dit keer op keer uit die vullisblik gooi ’n bysaak, maar die feit dat hy 'n beter kampus wil hê, is baie meer werd.

Só sê Eckhard Binding (21), ’n derdejaarstudent in bank- en beleggingsbestuur aan die Universiteit van die Vrystaat, nadat ’n video waarin hy vullis optel, terwyl betogers dit keer op keer uitgooi, soos ’n veldbrand op sosiale media versprei is.

Dié video is op Facebook meer as 1,5 miljoen keer gekyk.

Eckhard Binding Foto: Eckhard Binding/Facebook

Die video is Vrydag omstreeks 11:00 by die Thakaneng-brug op die Kovsiekampus verfilm.

In die video tel Eckhard die rommel op terwyl twee vroulike betogers, een met ’n EEF-hemp, die rommel uit die vullisblik haal en weer op die grond strooi.

Eckhard sê dit was frustrerend om te die kampus so vuil te sien en daarom het hy besluit om te begin skoonmaak.

Hy sê hy was besig om die laaste rommel op te tel toe die video verfilm is.

Volgens die student gaan ’n vloekery en bakleiery jou niks in die sak bring nie.

“Ja, dit is frustrerend, maar ek het afgekyk en voortgegaan om die rommel op te tel.”

Hy sê hoewel hulle hom woorde in Sotho toegesnou het, het hy nogtans voortgegaan.

Selfs nadat ’n ander student ook gesê het dat dit nie die moeite werd is nie.

“Ek moes iets doen. Die video is ’n bysaak, maar die blote wete dat ek iets gedoen het om die kampus ’n beter plek te maak, dit maak alles die moeite werd.”

Hagen Binding, Eckhard se pa, sê dit is nie ’n nuwe ding nie.

“Eckhard maak sedert ’n jong ouderdom die woonbuurt skoon.”

Die video het ’n massiewe debat op Twitter en Facebook ontlok.

Baie mense het hul respek vir die jongman uitgespreek en die vroue gekasty.

“Dit is rassisme. EFF tog . . . Ek is geruk. Dit is verkeerd. Dit is mishandeling,” het Nondumiso Gumede getwiet.

Daar was egter diegene wat die vroue se kant gekies het en meen die man moes hom uit die betoging gehou het.

Meer oor:  Eckhard Binding  |  Uv  |  Kampus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.