Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Monument wil kontant uitsny
Die Voortrekkermonument in Pretoria. Foto: Johanna van Eeden

Ná aanleiding van die styging in misdaad in Gauteng en die onlangse gewapende roof by die Voortrekkermonument­(VTM)-erfenisterrein, het die VTM-bestuur asook die Monument Restaurant en die geskenkwinkel, De Afrikander Handelshuis, besluit om so gou moontlik stelsels in werking te stel wat die beskikbaarheid van kontant op die terrein tot ’n minimum sal beperk.

Dié besluit is geneem ten einde besoekers en personeel op die terrein sover as moontlik te beveilig.

Die VTM is ’n verklaarde Graad 1- Nasionale Erfenisterrein, en word deur mense van regoor die wêreld besoek.

Volgens Cecilia Kruger, besturende direkteur, sal besoekers wat slegs kontant tot hulle beskikking het, beslis nie weggewys word nie, maar die VTM versoek dat besoekers dit oorweeg om eerder met debiet- of kredietkaarte te betaal of om vooraf kaartjies aanlyn te koop.

Die VTM gebruik reeds geruime tyd ’n aanlyn besprekingsfasiliteit waar toegangskaartjies te koop is: tixsa.co.za. Kopers op tixsa kan nou met ’n EFT aanlyn betaal. Kaartjies kan ook op die VTM se webtuiste vtm.org.za gekoop word.

Meer oor:  Pretoria  |  Voortrekkermonument  |  Monument  |  Kontant  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.