Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
'Baasbrein' in Mooinooi-saak sterf

Koos Strydom (54) is omstreeks 15:00 oorlede. Die polisie het dit bevestig. Dit blyk dat Strydom self dood is sonder dat die masjiene afgeskakel is. 

Die familie van Strydom, vermeende baasbrein agter die dubbele Mooinooi-moorde, is glo Vrydag in kennis gestel om inderhaas na die Kalafong-hospitaal te gaan om hom te groet.

Hy is blykbaar vroeër óf breindood verklaar hoewel die masjiene nog nie afgeskakel was nie.

Bronne na aan Strydom se vrou, Mercia (23), het Vrydag net voor 12:00 gesê dat sy ook die oggend op sosiale media en deur ander familielede gehoor het dat haar man dood is.

Koos Strydom
Koos Strydom kort nadat hy in die Kalafong-hospitaal in Pretoria opgeneem is. Foto: Verskaf

Die hospitaal het haar glo egter teen laatoggend gebel en versoek om te kom “want hulle wil die masjiene afsit”.

Shame, sy is histeries. En die verskillende stories maak dit nie makliker nie,” het een gesê.

Strydom is Maandag in die hospitaal opgeneem nadat hy bewusteloos in sy enkelsel in die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria aangetref is.

Paramedici het hom behandel voordat hy na die tronkkliniek en toe na die hospitaal geneem is.

Luidens bronne het hy glo, veral na aanleiding van ’n brief wat in sy sel gevind is, ’n oordosis slaappille geneem.

Tog het die DKD Donderdag ook in ’n verklaring genoem dat “bewerings van gif” ondersoek word.

Mercia staan in die hooggeregshof in Pretoria saam met Alex Modau (36) en twee broers, Aaron James (26) en Jack Chinkinya Sithole (19), op die moorde op Joey en Anisha van Niekerk van Mooinooi, Noordwes tereg. Koos is die vermeende baasbrein.

Die Sithole-broers word ook van verkragting aangekla.

Daarby is Strydom ook van die moord in 2014 op Amanda Mey in die Rustenburg-omgewing aangekla.

Meer oor:  Koos Strydom  |  Pretoria  |  Mooinooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.