Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Meghan Cremer-moord: Facebook-groep staan borgtog teen
Meghan Cremer Foto: Facebook/Meghan Cremer
Facebook

n Facebook-groep, SA Women Fight Back, wat ná die moord op die Kaapse perderuiter Meghan Cremer tot stand gekom en binne ’n dag duisende lede gekry het, gaan ’n versoekskrif indien teen borgtog vir die mans wat vir haar moord in hegtenis geneem is.

Cremer (30) se lyk is Donderdagoggend in ’n vlak graf met ’n tou om haar nek onder ’n hoop sand gevind. Sy is vermoedelik verwurg.

Sy het op 3 Augustus vermis geraak nadat sy die Vaderlandsche Rietvlei-perdeplaas in Philippi, waar sy gewoon het, in haar wit Toyota Auris verlaat het. Sy is nie weer lewend gesien nie.

Drie mans – Jeremy Sias (27), Charles Daniels (39) en Shiraaz Jaftha (34) – het Donderdag in die landdroshof in Athlone, Kaapstad, op aanklagte van motordiefstal, die besit van gesteelde goedere en moord verskyn.

Die saak is uitgestel tot 15 Augustus en hulle bly in aanhouding.

Die Facebook-groep se stigter, Bronwen Litkie van Plumstead in Kaapstad, sê die reaksie van vroue was oorweldigend. Die groep is Donderdag gestig. Teen Sondag was daar reeds meer as 20 000 lede.

“Ek het glad nie gedink die groep sal so vinnig groei nie. Ek het gehoop op so 400 lede. Nooit het ek gedink so baie vroue sal aansluit nie.”

Die groep is daarop gemik op vroue onder meer te bemagtig en ’n veiliger Suid-Afrika vir vroue te skep.

Volgens haar maak ’n lys van vermoorde vroue wat ’n groeplid, Cindy September, op die groep geplaas het, ook groot opslae. Die lys met name van moordslagoffers soos Anene Booysen, Hannah Cornelius en Reeva Steenkamp het ook intussen gegroei.

“Van die name op die lys het ’n mens nog nooit gehoor nie,” sê Litkie. “Dit wys net hoeveel verhale daarbuite is.”

Volgens haar beplan die groep om ’n versoekskrif teen borgtog vir die drie mans by die hof in te handig.

Litkie sê danksy die groep het talle WhatsApp-groepe ook tot stand gekom in verskeie gebiede en word daar byvoorbeeld selfverdedigingsklasse vir vroue gereël.

Linda Mohr, ’n vriendin van Cremer, het by navraag gesê daar gaan ’n gedenkdiens gehou word, maar sy moet eers by die familie seker maak of die reëlings openbaar gemaak sal word.

Meer oor:  Meghan Cremer  |  Moord  |  Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.