Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Moorde dui op morele verval van samelewing’

Conrad Sidego, oudburgemeester van Stellenbosch, sê die onlangs sinnelose moorde van jong vroue en kinders is ’n teken van ons samelewing se morele verval.

Hy het gepraat by die roudiens vir die vermoorde Matie-student Hannah Cornelius (21) wat Vrydag in die NG kerk in Vishoek gehou is.

“Al die slagoffers se name verskil, maar die hartseer is dieselfde,” sê Sidego.

Al die slagoffers se name verskil, maar die hartseer is dieselfde
Conrad Sidego, burgemeester van Stellenbosch

Meer as 300 motorfietse het al dreunende in Kommetjieweg ’n erewag ná die gedenkdiens gevorm.

Hannah se pa, Willem, hooflanddros in Simonstad, is self ’n kranige motorfietsryer wat al alleen met sy motorfiets na Zambië getoer het. Hy en Hannah se ma, Anna, was albei by die diens teenwoordig waar honderde vriende en familielede die student kom groet het.

Hannah Cornelius se ouers, Willem en Anna (middel) kom Vrydagoggend by die NG kerk in Vishoek aan vir hulle dogter se roudiens. Foto: Jaco Marais

Die diens is ook deur die rektor van Maties, Wim de Villiers, bygewoon.

Cornelius se lyk is Saterdagoggend langs die Knorhoekpad buite Stellenbosch gevind.

Cornelius en Cheslin Marsh, ’n vriend en medestudent, is Saterdag tussen 03:00 en 06:00 in Birdstraat, Stellenbosch, deur vier mans aangeval waar hulle in haar blou Citi Golf gesit en praat het.

Die studente is van hul besittings beroof. Die gewapende kapers het Marsh met bakstene teen die kop gegooi en hom in Kraaifontein vir dood agtergelaat.

Die kapers is met Cornelius na die plaas Groenhof waar hulle haar sowat vier keer met ’n skerp voorwerp gesteek en haar herhaaldelik verkrag het.

Roubeklaers kom by die kerk aan vir Hannah Cornelius se roudiens. Foto: Jaco Marais

Meer oor:  Vishoek  |  Hannah  |  Roudiens  |  Verval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.