Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Mooreesburg-inwoner sterf in ongeluk op N7

Johan Steyn (50), ’n inwoner van Mooreesburg, is Vrydag in ’n ongeluk op die N7 by Malmesbury dood.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, sê die ongeluk het kort ná 06:00 naby die gholfbaan aan die uitwyke van Malmesbury gebeur.

Volgens Africa het Steyn se bakkie die agterkant van ’n vragmotor getref.

Vriende en kennisse van Steyn het Vrydag kort ná die ongeluk hul simpatie en meegevoel op Facebook uitgespreek.

Die bakkie waarin Johan Steyn Vrydag op die N7 by Malmesbury verongeluk het. Foto: Verskaf

Meer oor:  Malmesbury  |  Moorreesburg  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.