Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Mosselbaai mik vir wêreldrekord met hul pot

’n Reuse-driebeenpot wat gereken word as die grootste in sy soort ter wêreld, is die naweek gebruik om meer as 3 000 koppies sop te kook wat gratis uitgedeel is op die eerste Soul-fees in Mosselbaai.

Die pot is 2 m wyd en weeg 2,5 ton. Die sop is Saterdag gekook. Die bestanddele het onder meer bestaan uit 400 kg vleis, 100 kg aartappels, 50 kg wortels, 30 kg uie en 75 kg soppoeier.

Peet Groenewald wys die nr. 3-pot (rooi) teenoor die nr. 760-pot.

Dit sal by Guinness World Records aangemeld word as die wêreld se grootste Afrika-driebeenpot (nr. 760), sê Marika Thomatos, eienaar van die Munro Manor-gastehuis in Mosselbaai.

Die pot is ’n ruk gelede van Bloemfontein na Mosselbaai gebring. Thomatos het Peet Groenewald, wat die pot gemaak het, by haar gastehuis ontmoet. “Hy het my vertel van die pot wat hy in 1996 gemaak het. Hy wou die pot later vir skrootmetaal gebruik, maar ek het gedink nee, so ’n pot kan nie verlore gaan nie. Ek het die pot by hom gekoop en die Mosselbaai-munisipaliteit daarvan vertel,” sê sy. “Dit is hoe die fees tot stand gekom het met die pot as trekpleister.”

Ek het die pot by hom gekoop en die Mosselbaai-munisipaliteit daarvan vertel. Dit is hoe die fees tot stand gekom het met die pot as trekpleister.

’n Vurkhyser is onder meer gebruik om die swaar pot te vervoer deur dit op ’n vragmotor van die Cobra-vervoermaatskappy te laai. Die pot is vooraf deur Swift Engineering skoongemaak. Meer as 400 kg hout om die sop te kook, is deur Albertinia Vervoer verskaf.

Volgens Thomatos het hulle Saterdag om 05:00 begin om die sop te maak. “Ek was senuagtig dat iets verkeerd kon gaan, maar alles het baie goed afgeloop,” sê sy.

Onder andere 300 deelnemers aan ’n sokkertoernooi in Kwanonqaba het sop gekry, asook verskeie liefdadigheidsorganisasies. Volgens haar is die pot waarskynlik die grootste ter wêreld. “Ons het gaan kyk en navraag gedoen, maar het nêrens so ’n groot pot gesien nie. Guinness World Records het ook nie ’n afdeling vir so ’n pot nie, so die pot gaan moontlik die eerste rekord wees.”

Volgens haar sal die fees aanstaande jaar uitgebrei word. Foto’s en video’s van die bedrywighede by die pot wat op die Facebookblad Mosselbay on the Line verskyn het, is meer as 31 000 gekyk.

Thomatos het die borge, die Mosselbaai-munisipaliteit en die werkers by Munro Manor bedank vir hul hulp.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.