Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Motor gevind van vermiste Welkom-vrou

Groot kommer heers oor die veiligheid van ’n Welkomse vrou wat Woensdagoggend vermoedelik ontvoer is.

Charmaine Botha en haar man, Johnny. Sy word sedert Woensdagoggend vermis. Foto: Facebook

Charmaine Botha (42), wat werk vir die prokureursfirma Piet Haasbroek in Heerenstraat, Welkom, se voertuig is Woensdagmiddag verlate by ’n winkelsentrum in die Thabong-township buite Welkom gekry.

’n Kollega van Botha, wat anoniem wil bly, sê toe sy Woensdagoggend by die werk opdaag, het waterbottels wat hulle in die firma gebruik, buite die kantoor gestaan.

Dit lyk asof Botha die bottels uit haar voertuig gelaai het, maar niemand weet wat daarna gebeur het nie.

Die kollega sê Botha se man, Johnny, het omstreeks 08:50 gebel om uit te vind waar sy vrou is, omdat hy haar nie op haar selfoon kon bereik nie.

Die kollega sê sy het ’n WhatsApp-boodskap aan Botha op haar selfoon gestuur. Die boodskap is afgelewer, maar nie gelees nie.

Kapt. Stephen Thakeng, ’n polisiewoordvoerder, sê Botha se silwerkleurige Volkswagen Polo is Woensdagmiddag verlate by die Boitumelo-winkelsentrum in Thabong gekry.

Thakeng sê die ondersoek is in ’n baie sensitiewe stadium en die polisie volg elke moontlike leidraad op.

* Twee inwoners van die stad het die afgelope twee maande spoorloos verdwyn.

Karl Reich (82) het op 24 September verdwyn nadat hy laas by sy huis in Volksweg in die stad gesien is.

Nóg ’n Goudvelder, Fernando Mungoi (56), ’n skofbaas by die Phakisa-myn, is op Maandag 29 Oktober in Odendaalsrus gesien. Hy het by sy vriendin gaan kuier en word sedertdien vermis.

Die polisie ondersoek die mans se verdwynings.

Meer oor:  Prokureursfirma  |  Piet Haasbroek  |  Charmaine Botha  |  Welkom  |  Vermis  |  Vermiste Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.