Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Motor stort oor afgrond by Voëlklip

’n Reddingspoging is aan die gang by Voëlklip in Heroldsbaai nadat ’n Chevrolet Spark by die kranse afgestort het.

Sers. Chris Spies, ’n polisiewoordvoerder, sê ’n ooggetuie het die polisie Dinsdagaand gebel toe die voorval gebeur het.

“Dit was omstreeks 21:45. Ons weet dat ’n vrou in die motor was, maar ons weet nog nie wie sy is nie.”

Volgens hom is nooddienste na die toneel en is ’n reddingspoging aan die gang.

Die onstuimige seetoestande maak dit egter moeilik en niemand is nog gevind nie.

*Op 22 Oktober het Heidi (35) Scheepers, en haar kinders, Hugo (2) en Cuzette (6), in hul voertuig verdwyn nadat hulle vroeër saam met haar man, Ettienne Scheepers, eienaar van die Heroldsbaai-kafee, op die strand by Heroldsbaai was.

Die voertuig is die volgende dag met laagwater gekry en het vermoedelik die vorige dag oor ’n afgrond by Voëlklip gestort.

Hugo se lyk is op 24 Oktober gekry en Heidi s’n twee dae later. ’n Voorlopige lykskouingsverslag toon Heidi en Hugo het verdrink.

Dit is onbekend waarom hulle op daardie pad was. ’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen en volgens die polisie word geen misdaad vermoed nie. Cuzette se lyk is nog nie gevind nie.

Die gebied by Voëlklip. Foto: Jackie Kruger

Meer oor:  Heroldsbaai  |  Motorongeluk  |  Voëlklip
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.