Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Motor van vermiste student gekry – soektog duur voort

’n Groot polisiesoektog is aan die gang na ’n student, Stephan Nieuwoudt (19) van Tukkies, wat Sondag vermis geraak het toe hy by sy ouerhuis in Harrismith in die Vrystaat, weggery het om by ’n vriend te gaan oorslaap.

Stephan het sy ouerhuis in ’n grys top en grys langbroek om 17:00 verlaat.

Nieuwoudt het verlede jaar gematrikuleer aan die Hoërskool Witteberg in Bethlehem in die Oos-Vrystaat, waar hy ses onderskeidings behaal het en is glo “briljant slim”.

Hannes Oosthuizen, skoolhoof van die Hoërskool Witteberg, sê hy het ook vir Stephan en die ander matrieks in ekonomie onderrig gegee.

Stephan Nieuwoudt (19) wat vermis word. Foto: Facebook

“Hy is akademies ’n uiters begaafde kind. Ek kan bevestig dat hy ses onderskeidings by ons skool verwerf het. Hy was ook in verlede jaar onder die skool se top-15-matrikulante.”

Netwerk24 verneem hy is tans ’n eerstejaarstudent aan die Universiteit van Pretoria (Tukkies), maar het tydens die inperking by sy ouers in Harrismith in die Vrystaat gebly.

Volgens ’n familievriend Carlien Heydenrich het Stephan Sondag by sy ouers, Steve en Lu Nieuwoudt van Harrismith, se huis weggery om ’n nag by ’n vriend te gaan oorslaap.

Hy het nooit by die vriend se huis opgedaag nie. Die vriend het ook nie geweet dat hy daar sou kom oorslaap nie.

Stephan se motor, ’n wit Polo, met registrasienommer FBP 977 FS, is intussen gesluit in die Botaniese Tuin in Harrismith gekry.

Volgens Heydenrich het twee speurders en die honde-eenheid van die polisie vanoggend met ’n soektog in die Platberge in die Harrismith-omgewing begin.

Stephan se ma, Lu, is die hoof van die Platberg-kleuterskool in Harrismith.

Meer oor:  Stephan Nieuwoudt  |  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.