Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Motorfiets-saamtrek begin met tragedie buite Bfn
Die ongelukstoneel nadat ’n bakkie in ’n konvooi motorfietsryers buite Bloemfontein geploeg het. Foto: FACEBOOK/Brendan Bentley Ministries Int.

’n Groot nasionale motorfiets-saamtrek van die Crusaders MCC-motorfietsklub het tragies begin toe ’n staatsvoertuig Vrydagmiddag buite Bloemfontein in ’n konvooi motorfietse geploeg het en een ryer dood is.

Die konvooi was na die saamtrek in die Black Mountain-hotel naby Thaba Nchu onderweg toe die ongeluk op die N8 buite die stad gebeur.

Claude Thibault (48) van Walkerville in Gauteng, het aan sy beserings beswyk. Sy klubmaat Garth Lowson, van Johannesburg, is in ’n kritieke toestand in die hospitaal.

Motorfietse lê Vrydagmiddag besaai oor die N8 buite Bloemfontein nadat ’n bakkie in ’n motorfiets-konvooi geploeg het. Foto: FACEBOOK/Brendan Bentley Ministries Int.
Kim Kotze en Garth Lowson. Lowson veg om sy lewe en is in ’n geïnduseerde koma.Foto: Facebook / Sarah Wissler
Claude Thibault het in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Foto: Facebook

Brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê twee amptenare van die Vrystaatse departement van landbou was in ’n wit Ford Ranger-bakkie na Bloemfontein onderweg toe die bestuurder beheer oor die voertuig verloor en van die ryers in die konvooi getref het. Toe die konvooi ná dié ongeluk tot stilstand kom, het nog ’n voertuig, ’n blou Toyota Avanza, ook met van die motorfietse gebots.

Die Toyota het in die rigting van Bloemfontein gery.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, sê met die nooddienste se aankoms omstreeks 16:00 op die toneel het die beseerdes in die pad gelê.

Twee motorfietsryers is kritiek beseer, terwyl nog een geringe beserings opgedoen het.

’n Vrou wat ’n insittende van die bakkie was, het ook ligte beserings opgedoen.

Thibault het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Claude Thibault van Walkerville in Gauteng is dood nadat ’n bakkie Vrydag teen sy motorfiets gebots het. Foto: Facebook

Sarah Wissler, ’n familievriend, het op haar Facebook-blad gesê Lowson veg om sy lewe nadat hy in die ongeluk inwendige bloeding, ’n gebreekte been en ’n gebreekte pelvis opgedoen het.

Sy sê hy is in ’n geïnduseerde koma en is aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel.

Huldeblyke vir Thibault het op Facebook ingestroom.

Peter Paget skryf: “Ek kan nie glo dat jy weg is nie, my beste, jare lange vriend. Jy het soveel mense se lewens aangeraak en ons met sulke aangename herinneringe en lesse agtergelaat.”

Wayne Lendrum sê Thibault was ’n ware heer en

vriend wat altyd bereid was om mense te help.

Die polisie ondersoek ’n klag van strafbare manslag.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Motorfietse  |  Tragedie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.