Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Motorfietsers laat rande vir vulstasie-eienaar inrol
Die Shell Select in Generaal de Wet, wat op Donderdag 5 Julie vir die derde keer opgeblaas is, is weer oop vir besigheid. Die Biker Council Bloemfontein se lede gaan Saterdagoggend om 11:00 hul ysterperde op ’n streep daar volmaak en doen ’n beroep op die publiek om ook die eienaar te ondersteun. Foto: Mlungisi Louw

Om ’n vriend in nood te help sal die lede van 26 motorfietsklubs in Bloemfontein Saterdag om 11:00 by ’n vulstasie in die Generaal de Wet-woonbuurt hul ysterperde volmaak, laat brul en geld insamel.

Johan Els, eienaar van Shell Select en self ’n motorfietsryer, trek swaar nadat sy vulstasie se kluis op Donderdag 5 Julie die derde keer opgeblaas is.

Els het Maandag weer die Shell in De La Reylaan naby Dave’s Meat Market oopgemaak nadat dit vir weke buite werking is nadat ses gewapende mans die vulstasie opgeblaas het. Hulle is steeds op vrye voet.

Die rekenaars wat die pompe beheer, is buite werking gelaat. ’n Tydelike struktuur is intussen daar opgerig om dié funksie uit te voer. Binne die winkel is alles beskadig. Els wag nou vir die versekering om uit te betaal, maar sukkel om kop bo water te hou.

Die motorfietsryers het besluit om Saterdag daar brandstof in te gooi. As enigiemand geld wil gee, of net brandstof kom ingooi, is hulle welkom om hulle Saterdag om 11:00 by ons aan te sluit.

“Die motorfietsgemeenskap is bekend vir sy liefdadigheid en help altyd ander motorfietsryers in nood.

“Hierdie was ’n eenmalige versoek gerig aan die Biker Council Bloemfontein, waarna besluit is dat ’n skenking aan hom betaal word en die lede sy besigheid ondersteun,” sê Flippie Olivier, voorsitter van dié motorfietsraad.

“Daar is baie kostes om te dek en soos almal weet, was die vulstasie geruime tyd toe. Alles is vernietig.

“Die motorfietsryers het besluit om Saterdag daar brandstof in te gooi. As enigiemand geld wil gee, of net brandstof kom ingooi, is hulle welkom om hulle Saterdag om 11:00 by ons aan te sluit.”

Olivier sal die skenkings om 11:00 ontvang en die oorhandiging vind op die perseel plaas.

Meer oor:  Vulstasie  |  Liefdadigheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.