Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Motorfietsers staan erewag op 12-jarige se roudiens

Motorfietsryers het Saterdag tydens die roudiens vir die 12-jarige Cyle Welgemoed in Despatch in die Oos-Kaap ’n erewag gevorm.

Cyle het verlede Sondagmiddag op sy KTM 85cc-motorfiets in die Azaliapark-woonbuurt verongeluk. Hy het vermoedelik beheer oor die motorfiets verloor voordat hy teen ’n huis se grensmuur vasgery het. Hy is op die toneel dood verklaar.

Onderweg na die 12-jarige Cyle Welgemoed se roudiens in Despatch, in die Oos-Kaap, ry motorfietsryers in ’n konvooi agter die lykswa aan. Foto: Lulama Zenzile
Lynette en Clinton Welgemoed, ouers van Cyle, onderskraag mekaar tydens hul seun se roudiens. Foto: Lulama Zenzile

’n Roudiens is Saterdag vir Cyle by die DRC Despatch-kerk gehou. Onderweg na die kerk het motorfietsryers in ’n konvooi agter die lykswa deur Despatch se hoofstraat aangery.

“As Cyle hier was, sou hy uit sy vel gewees het,” het Lynette Welgemoed, Cyle se ma, gesê.

Clinton Welgemoed, Cyle se pa, het vroeër aan Netwerk24 gesê dat Cyle ’n passie vir motorfietse gehad het en op die ouderdom van een jaar sy eerste vierwielmotorfiets gekry het.

“Daar was so baie motorfietse. Ek weet Cyle sou elke motorfiets van nader wou bekyk en nog op elkeen saamry ook,” sê Lynette.

Cyle Welgemoed se valhelm was op sy kis geplaas. Foto: Lulama Zenzile
Motorfietsryer staan in ’n erewag buite die DRC Despatch-kerk ná Cyle Welgemoed se roudiens. Foto: Lulama Zenzile

Ná afloop van die roudiens het motorfietsryers ’n laaste eer aan Cyle betoon deur in ’n erewag te staan, met hul valhelms omhoog, terwyl Cyle se kis by die kerk uitgedra is.

Lynette sê die hartseer is nog geensins minder nie, maar sy waardeer elkeen se moeite wat Cyle se lewe tydens die roudiens gevier het.

“Ons waardeer elkeen se ondersteuning. Selfs die dominee het gesê in sy 14 jaar by die kerk was dié sy grootste (roudiens) wat hy in daardie kerk gesien het.

“Ek is seker Cyle het heeltyd geglimlag.”

Cyle Welgemoed Foto: Facebook
Meer oor:  Despatch  |  Roudiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.