Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Motorfietsryer (18), man in motor sterf in botsing in Bfn.
’n Motorfiets en ’n Toyota het Saterdagaand by ’n gevaarlike kruising in Walter Sisulu-weg gebots. Die motorfietsbestuurder en ’n insittende van die voertuig is op die toneel dood. Foto: Verskaf

Die slag van ’n botsing by ’n gevaarlike kruising in Bloemfontein kon Saterdagaand strate ver gehoor word. Die motorfietsryer en insittende van ’n ligte voertuig is albei op die toneel dood verklaar.

Franco Cloete (18), die motorfietsryer, het langs sy motorfiets gelê en die insittende van die ligte voertuig, wie se naam nog nie aan Netwerk24 bekend is nie, was vasgekeer in die voertuig.

Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, sê niks kon vir die twee mans gedoen word nie.

“Hulle is op die toneel dood verklaar.”

Daar het twee vroue op die toneel rondgestap, waarvan een ernstige beserings opgedoen het en kort daarna na die naaste hospitaal gebring is.

Dennis Gough, Cloete se stiefpa, sê Aletta, Cloete se ma, is buite haarself.

Cloete laat Vanessa, sy tweelingsuster, agter asook Ethan Gough, sy stiefbroer.

Franco Cloete (18) van Bloemfontein het Saterdagaand in ’n botsing gesterf. Foto: Verskaf

“Franco was vol lewe. Hy was een van daardie karakters wat nooit bang was om by goeie dinge betrokke te raak nie,” sê sy stiefpa.

Sharlene Agenbag (17), ’n vriendin van Cloete, was Sondag nog in skok.

Cloete was in 2018 ’n lid van die leerlingraad aan die Hoërskool President Steyn in die stad waar sy ook skoolgegaan het.

“Hy het baie daarvan gehou om mense te laat lag. ’n Regte grapgat. Hy wou altyd die regte ding doen, al was dit moeilik.”

Meiring sê medici het bevind beide die motorfietsryer en die passasier van die voertuie het verskeie beserings opgedoen en geen tekens van lewe getoon nie.

Die polisie was op die toneel vir verdere ondersoek.

* In nog ’n ongeluk Sondagoggend is ’n persoon dood en vyf ander mense, onder andere ’n baba, beseer toe twee ligte voertuie op die N1 naby die Shell Ultra City buite Bloemfontein gebots het.

Volgens Stanley Schimper van Trauma Response Africa lyk dit of die oorledene, ’n vrou, uit die voertuig geslinger is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.