Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Motorfietsryer dood in botsing

’n Motorfietsryer (45) is Woensdagoggend vroeg in ’n botsing op die hoek van Kraft- en Limpopo-straat in Germiston dood.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, sê paramedici is omstreeks 06:45 ontbied.

Aaron Mafunda, woordvoerder van die Ekurhuleni- nooddienste, sê ’n Mercedes-Benz-voertuig was ook betrokke.

“Die bestuurder van die motor het matige beserings opgedoen.”

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, kon by navraag geen nadere besonderhede oor die oorledene bekend maak nie omdat sy familie nog van sy dood in kennis gestel moes word.

“Die presiese omstandighede rakende die ongeluk sal ondersoek word,” het Kgasago gesê.

Meer oor:  Germiston  |  Padongelukke  |  Botsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.