Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Motorfietsryer nog nie geëien ná noodlottige ongeluk

Die lyk van ’n motorfietsryer is Dinsdagoggend sowat 15 m van ’n motorfietswrak op die N2 in Port Elizabeth aangetref.

Die spitstydverkeer in die stad het bykans tot stilstand gekom terwyl die polisie op die ongelukstoneel besig was.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê die polisie is om 06:40 van die ongeluk op die N2 naby die Cotswold-afrit in kennis gestel.

Sy sê die oorledene is sonder enige identifikasie op die toneel aangetref. Die KTM-motorfiets het ’n Noord-Kaapse nommerplaat.

“In dié stadium is dit onduidelik wat gebeur het en hoe laat die ongeluk was,” sê Janse van Rensburg.

Die polisie het teen Dinsdagmiddag nog nie die oorledene se identiteit vasgestel nie. Enige ooggetuies van die ongeluk en mense wat kan help om die man te identifiseer, word gevra om die Mountweg-polisie by 041 394 6243 te skakel.

Die verkeer op die N2 in Port Elizabeth het Dinsdagoggend bykans tot stilstand gekom nadat ’n onbekende motorfietsryer verongeluk het. Foto: Facebook, Justin Ferreira

Meer oor:  Cotswold  |  Padongelukke  |  Padsterftes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.