Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Motorfietsryer verongeluk in Bfn
’n Polisiebeampte stoot Dinsdagoggend die oorledene se klein motorfiets uit die pad op die ongelukstoneel in Raymond Mhlaba-straat, Bloemfontein. Foto: Mlungisi Louw

’n Motorfietsryer van Bloemfontein is vroeg Dinsdagoggend in ’n botsing met ’n motor in Noordhoek dood.

Die 38-jarige man se jong vroulike passasier is ongedeerd, terwyl die motorbestuurder geringe beserings opgedoen het en na die Pelonomi-hospitaal geneem is.

Die ongeluk het kort ná 07:00 in Raymond Mhlaba-straat gebeur.

Volgens ’n ooggetuie het die passasier “sowat 20 m ver deur die lug getrek” met die botsing.

Die ooggetuie, wat die beseerde man probeer help het, sê die man is dood voordat die nooddienste opgedaag het.

Volgens hom was die vrou erg geskok, maar is sy nie beseer nie.

Brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die motorfietsryer het glo probeer om ’n U-draai te maak na die teenoorgestelde baan toe hy teen ’n Mazda 323, wat in daardie baan gery het, gebots het.

’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

Die 38-jarige man se lyk lê toegegooi op die ongelukstoneel in Raymond Mhlaba-straat, Bloemfontein. Regs staan die motor wat ook in die ongeluk betrokke was. Foto: Mlungisi Louw
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.