Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kyk: Motorfietsryer wat taxi keer '’n held'

Sean Nysschen word beskou as ’n held nadat hy in ’n video wat op sosiale media opslae maak ’n taxibestuurder wat aan die verkeerde kant van die pad ry, dwing om reg te ry.

“Ek sien daagliks hoe motoriste, veral taxibestuurders, selfsugtig en nalatig optree. Hulle gee net nie om nie,” sê Nysschen, die motorfietsbestuurder wat die video gedeel het.

Intussen het die Johannesburgse metropolisie die taxibestuurder in hegtenis geneem.

Nysschen sê hy het Maandag soos gewoonlik in Sloanestraat, Bryanston, Sandton, afgedraai toe ’n taxi van voor af aankom in die baan waarin hy ry.

“Ek was woedend en het geweier om dit so dit los. Ek het geskree ‘wat doen jy?’,” sê Nysschen.

Nysschen sê terwyl die taxibestuurder vasbeslote was om verder te ry, het hy geweier om te beweeg.

“Taxibestuurders kom altyd weg met moord, maar ek wou alles in my vermoë doen sodat dit nie dié keer gebeur nie.

“Ek besef nou dinge kon soveel erger gewees het.”

Nysschen sê dit is nie die eerste keer dat hy video’s van nalatige bestuurders op sosiale media deel nie.

“My motorfietshelm het ’n kamera. Die beeldmateriaal is kommerwekkend, maar dit is die eerste keer dat een van my video’s soveel aandag trek.”

Hy sê dit is lekker om as ’n held beskou te word, maar “dit was nooit my bedoeling nie”. Nysschen sê hy wou mense net bewus maak van wat daagliks op die paaie gebeur.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê die video het David Tembe, die metropolisie se hoof, omgekrap.

Tembe het ’n groep uitgesoekte beamptes aangestel om die taxibestuurder op te spoor. Hy is Woensdag by die Ivory Park-taxistaanplek in Midrand gekry en in hegtenis geneem op aanklag van roekelose bestuur, sê Minnaar.

Wetteloosheid deur veral taxibestuurders ’n groot bron van kommer, sê Minnaar.

“Taxi’s en ander voertuie wat aan die verkeerde kant van die pad ry en bestuurders wat die basiese reëls oortree, soos om ’n rooi lig te ignoreer, word daagliks gesien, veral in spitstyd.”

Minnaar sê in die Buya Mthetho-veldtog, ’n provinsiale operasie met die doel om misdaad en wetteloosheid te bekamp, is 1 300 voertuie al vanjaar weens wetteloosheid gekonfiskeer.

In reaksie op die video het Hanle de Beer gesê “die hele Johannesburg klap vir jou hande”. Colin Windell sê Nysschen verdien sommer ’n hele bottel Bell’s.

In ander inskrywings op sosiale media is Nysschen ’n held en legende genoem.

Meer oor:  Padveiligheid  |  Motorfietsryer  |  Taxibestuurder  |  Held
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.