Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Motoris brand dood in Richardsbaai

’n Motorbestuurder het in Birdswood, Richardsbaai, doodgebrand nadat die motor waarin hy of sy was, op die pad aan die brand geslaan het.

’n Motoris is Maandagmiddag in Richardsbaai dood toe dié motor op die pad aan die brand geslaan en uitgebrand het. Foto: Netcare911

Die nooddiens Netcare911 sê hulle is Maandag om 13:44 na ’n ongelukstoneel ontbied, waar ’n motor langs die East Central Arterial gestaan en brand het.

Shawn Herbst, Netcare911-woordvoerder, sê ooggetuies beweer die motor met een insittende het aan die brand geraak terwyl dit steeds op die pad was. Die motor het toe teen ’n wal af gery en verder gebrand.

Toe reddingsdienste die brand uiteindelik geblus het, was die slagoffer so erg verbrand dat die persoon nie uitgeken kon word nie.

Volgens Herbst was daar geen teken aan die voertuig dat daar ’n botsing was nie.

Die polisie was op daar vir verdere ondersoek.

Reddingsdienste en die polisie Maandag op die toneel waar ’n motoris in Birdswood, Richardsbaai in ’n motor doodgebrand het. Foto: Netcare911
Meer oor:  Richardsbaai  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.