Die bestuurder van ’n ligte voertuig is Vrydagoggend dood toe sy voertuig ’n perd op die R82 buite Roshnee in Vereeniging getref het.
Die perd is glo eers deur ’n ander voertuig getref, wat die dier voor die tweede voertuig ingeslinger het.
Paramedici van ER24 was luidens ’n verklaring omstreeks 05:30 op die toneel en het die man buite die voertuig gesien lê. Omstanders het hom kort tevore uit die voertuig getrek.
Die perd het voor die voertuig gelê.
Die paramedici het die man ondersoek en gevind hy het verskeie noodlottige beserings opgedoen. Hy is op die toneel dood verklaar.