Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Motoris skuil teen hael, toe tref weerlig sy bakkie

Dit was net “genade”.

Dit is hoe ’n Noord-Kapenaar vandeesweek op Facebook gereageer het nadat iemand gevra het hoe hy so te sê ongedeerd uit sy bakkie gekom het nadat dié erg deur weerlig beskadig is.

Juan Ungerer het Maandag vier foto’s van die skade aan sy bakkie op Facebook geplaas nadat dit vroeër deur weerlig getref is. Hy het ook ’n video geplaas van die haelstorm waarteen hy probeer skuil het toe die weerlig sy bakkie tref.

Die skade aan Juan Ungerer se bakkie nadat dit deur weerlig getref is. Foto: Juan Ungerer/Facebook
Die venster aan die bestuurderskant is heeltemal verwoes. Foto: Juan Ungerer/Facebook

Hy het die voorval wonderbaarlik oorleef en met net snye aan sy hande daarvan afgekom.

Ungerer skryf by die foto’s: “Stop vir die hael, dan bliksem die weerlig jou bakkie so!! Wie sal dit nou kan glo?”

Ungerer het by navraag gesê hy wil glad nie oor die voorval praat nie en hy is spyt hy het die foto’s op Facebook geplaas.

Teen Woensdagmiddag is dit al meer as 210 keer gedeel.

Rina de Vries skryf die voorval gee haar ’n nuwe siening van dankbaarheid. “Ons is die Here ongelooflik dankbaar dat jy lewe en net met snye op jou hande daar uitgeklim het. Dankbaar vir al die hulp wat so skielik daar was. Net ongelooflik dankbaar. Lief jou oneindig baie.”

“Sjoe Juan. Bly jy is orraait. Dit kon heel anders gewees het. Jy is seker effens doof?” vra Pikkie Sandenbergh.

Nini van Deventer skryf sy sê altyd vir haar kinders ’n mens is baie veilig in ’n voertuig (as daar weerlig is): “Daar gaan daai teorie!!!”

Selfs die lugsakke het ontplooi. Foto: Juan Ungerer/Facebook

DJ Hefer, wat die Facebook-blad Storm Report SA bedryf, sê dit is heel moontlik dat weerlig ’n voertuig kan tref.

Hy sê dit is ’n mite dat weerlig nie skade aan ’n voertuig kan aanrig nie omdat die motorbande dit buffer. Die weerlig kan deur die metaal in die voertuig trek.

Hefer sê hy lei uit die foto’s af dat die weerlig heel moontlik deur die elektriese bedrading van die bakkie beweeg het.

Juan Ungerer se bakkie nadat dit deur weerlig getref is. Foto: Juan Ungerer/Facebook
Meer oor:  Noord-Kaap  |  Haelstorm  |  Weerlig  |  Bakkie  |  Motoris
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.