Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Motoris uit kitsvloed in Centurion gered
’n Motoris word Saterdag uit ’n kitsvloed in Centurion gered. Foto: Twitter/Yusuf Abramjee

’n Man is Saterdagoggend gered nadat sy bakkie in ’n vloed vasgeval het ná swaar reën in Centurion in Pretoria.

Volgens Charles Mobasa, adjunkhoof en woordvoerder van die nooddienste in Pretoria, het die man probeer om ’n pad met sy bakkie oor te steek toe die bakkie in Rabiestraat vasval.

Nooddienspersoneel is uitgeroep en het die man uit die bakkie gered. Die bakkie is ook herwin.

“Ons kry gereeld kitsvloede in gebiede waar water vinnig opdam soos in Centurion en langs die Apiesrivier. Water dam vinnig op en vloei vinnig weg,” het Mobasa gesê.

Mobasa het motoriste gewaarsku om nie te probeer ry waar die water sterk vloei gedurende die reënseisoen nie.

“As jy onseker oor die water se diepte is, vat eerder ’n alternatiewe pad. Dit mag dalk lyk of die water nie diep is nie, maar bewegende water het ’n krag wat dikwels ’n voertuig kan wegvoer.”

Volgens hom is die metropolisie in Pretoria op bystand gedurende die reënseisoen vir voorvalle waar vloede voorkom.

Meer oor:  Centurion
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.