Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Motoriste gemaan om uit taxi’s se pad te bly

Motoriste wat weet dat die taxi-ontwrigting en gepaardgaande padversperrings Donderdagoggend op hul pad is, moet die betrokke gebiede ten alle koste vermy. Dié wat wel daarin vasgevang word, moet so kalm as moontlik bly, sê die Automobiel Assosiasie (AA) in ’n verklaring.

Ander wenke vir motoriste wat in die chaos vasgevang word, is:

* Bly in jou voertuig vir so lank as moontlik;

* Jy en jou passasiers moet jul sitplekgordels losmaak sodat jy vinnig uit die voertuig kan kom indien nodig;

* Hou sover moontlik jou voertuig aan die beweeg terwyl jy deurentyd na ontsnaproetes soek;

* Wees ekstra versigtig om nie enige betoger met jou voertuig raak te ry nie omdat dit die groep teen jou kan laat draai;

* Moenie die betogers koggel deur te skree, tekens te wys en vir hulle toeter te blaas nie;

* Bly so kalm as moontlik en maak seker dat jy weet wat om jou aangaan;

* Soek bystand of veiligheid by die polisie so gou as wat jy kan. As jy nie die polisie kan sien nie, bel hulle;

* Gee gehoor aan die polisie se instruksies;

* As jy vasgekeer is en dit lyk of die situasie begin draai, klim uit jou voertuig en verlaat die gebied te voet. Onthou, jou lewe is meer werd as jou voertuig en die besittings in die motor; en

* Sodra jy veilig is (met of sonder jou voertuig) bel jou familie of vriende en laat hulle weet waar jy is en wat aangaan.

“Die eerste reël is om jou nie in so ’n posisie te plaas nie. Sosiale media en gereelde opdaterings op radiostasies is ’n goeie manier om verwikkelinge te monitor,” lui die verklaring.

“Ons versoek ook alle maatskappye om begrip te hê dat werkers dalk kan sukkel om vanoggend by die werk te kom en om waardering te hê vir die feit dat baie van ons vervoerprobleme ervaar.”

Die AA het ook hul kommer uitgespreek oor die manier waarop die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad (Santaco) hul planne aan die publiek gekommunikeer het.

“Santaco het bloot gemeld dat hulle ’n memorandum aan die direkteure van SA Taxi Finance gaan oorhandig, maar dié boodskap was misleidend. Hul lede het nie net hoofroetes in Gauteng versper nie, maar ander toevoerroetes is ook gesluit wat duisende mense verhoed het om vanoggend te pendel. Hulle (Santaco) moet volle verantwoordelikheid vir die chaos aanvaar en moet vir hul optrede tot verantwoording geroep word,” sê die AA.

Daarbenewens sê die AA dat die owerhede die situasie beter moes hanteer.

“Berigte wil dit hê dat taxi’s paaie van so vroeg as 03:00 vanoggend af versper het en die vraag ontstaan waarom dit toegelaat is om te gebeur.”

Terwyl dit vir sekere motoriste moontlik is om die versperrings te vermy, moet diegene wat wel op die pad is waaksaam wees en hul eie veiligheid eerste stel.

“Ons is optimisties dat vandag se optrede gou opgelos sal word en nie binnekort herhaal sal word nie. As daar egter aanduidings is dat dit weer sal gebeur, glo ons dat Santaco meer verantwoordelik sal optree en dat die owerhede beter sal reageer,” lui die verklaring.

Meer oor:  Automobiel Assosiasie  |  Aa  |  Gauteng  |  Taxi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.