Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Provinsiale pad by Durbanville gesluit oor betoging

9:40: Volgens Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, duur die betoging op die R304 en R312 voort.

"Die mense betoog glo oor behuising. Hulle brand bande en het klippe op die pad gepak. Die pad is toe waar die R304 en die R312 bymekaar aansluit en by die ingang na Fisantekraal. Die polisie is nog op die toneel," het Africa gesê.


Die verkeersowerhede in Kaapstad het motoriste gewaarsku om weg te bly nadat 'n betoging buite Durbanville Donderdagoggend gewelddadig geraak het.

fisantekraal
Een van die paaie wat deur betogers versper is. Foto: Verskaf

Die stad se verkeersowerhede het gesê die R312 (Lichtenburgweg) tussen Klipheuwelweg (R302) na Malmesbury en die R304 na Philadelphia was teen 07:00 vir verkeer gesluit.

Inwoners het op Facebook en gemeenskapsgroepe op WhatsApp gewaarsku dat talle kleiner paaie in die omgewing onbegaanbaar is.

Die polisie en metropolisie is op die toneel. Daar was berigte van skote wat afgevuur is en dat die polisiekantoor in Fisantekraal geteiken word.

Die polisie het egter nie dadelik gereageer op 'n versoek om kommentaar nie.

Die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum het bevestig dat die hoofpad by Fisantekraal nie veilig is nie en het mense aangeraai om die gebied te vermy.

Meer oor:  Fisantekraal  |  Betoging  |  Durbanville
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.