Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Motoriste gemaan oor reënweer Maandag

Motoriste wat Maandag hul terugtog huis toe aanpak ná die Paasnaweek, word deur die verkeersowerhede gemaan om versigtig te bestuur omdat reën vir groot dele van die land voorspel word.

Reën het Sondagmiddag laat oor dele van Limpopo uitgesak.

Duisende pelgrims het Sondag by die Zion Christian Church in Moria in Limpopo saamgetrek. Foto: VERSKAF

Die verkeer sal Sondagaand en Maandag skerp toeneem op die N1-hoofweg vanaf dié provinsie na Gauteng, sê Matome Moremi Tauetsoala, woordvoerder van die departement van vervoer in Limpopo. 

Duisende pelgrims van die Zion Christian Church (ZCC) het vroeg Sondagaand in busse begin reis huis toe. Hulle het die naweek by Moria, sowat 30 km van Polokwane, saamgetrek vir die jaarlikse Paasfeesvieringe. Adj.pres. David Mabuza het die diens by die St. Engena's ZCC-kerk bygewoon.

Haelbuie het Sondag in dele van Johannesburg voorgekom.

Adj.pres. David Mabuza
Adj.pres. David Mabuza Sondag by biskop Engenas Lekganyane by die St. Engena’s Zion Christian Church (ZCC) in Moria buite Polokwane. Foto: GCIS
mabuza, malema
Adj.pres. David Mabuza en Julius Malema, EFF-leier, het Sondag saam ‘n diens van die St. Engena’s Zion Christian Church (ZCC)-kerk in Moria buite Polokwane in Limpopo bygewoon. Foto: GCIS

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) voorspel ook reën Maandag in Gauteng. Dit sal koel wees in Johannesburg en effens warmer in Pretoria.

Swaar reën word vir Maandag in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap voorspel. Daar kan selfs kitsvloede in Durban en Oos-Londen voorkom.

Digte mis en reën word vir Maandagoggend in Mpumalanga voorspel.

Soortgelyke weer word vir Limpopo voorspel met bewolkte toestande en die moontlikheid Maandag van donderstorms.

In Noordwes sal dit bewolk wees met enkele donderbuie.

Koue reënweer word vir die Vrystaat voorspel. In die Wes-Kaap sal dit sonnig wees, terwyl inwoners van die Karoo kan uitsien na reën.

Pelgrims van die Zion Christian Church in Moria buite Polokwane. Foto: VERSKAF
Kerkgangers by die St. Engena’s Zion Christian Church in Moria buite Polokwane in Limpopo. Foto: VERSKAF
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.