Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Motoriste oor sloping van brug gewaarsku

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het ’n beroep gedoen op motoriste wat Dinsdag op die N1 suid van Polokwane reis om geduldig te wees by die padverleggings terwyl die pad gesluit word om ’n brug te sloop.

Die brug word Dinsdag gesloop en Sanral het reeds Maandagmiddag die padverleggings gedoen, lui ’n verklaring.

Sanral vra motoriste om geduld aan die dag te lê, die verkeersreëls na te kom en veilig te ry.

Die brug oor die N1 suid van Polokwane wat Dinsdag gesloop word. Foto: Verskaf

Progress Hlahla, streekbestuurder van Sanral se noordelike gebiede, sê die veiligheid van padgebruikers en lede van die gemeenskap is hul grootste prioriteit.

Die verleggings is soos volg:

  • Die verkeer wat in ’n noordelike of suidelike rigting beweeg, sal na die oostelike kringpad vanaf die Shell-vulstasie suid van Polokwane onderdeur die R101-brug en die De Roodepoort-brug beweeg en na die R37 herlei word.
  • Verkeer wat uit ’n suidelike rigting na Polokwane se middestad beweeg, sal na die nuwe oostelike kringpad op pad na die R37-verlegging herlei word, wat dan na die middestad sal lei.
  • Motoriste wat uit ’n suidelike rigting van die Meropa-casino reis, sal die roete via die R37-verlegging na die middestad moet neem en van daar af weer suidwaarts op die R101 na die casino moet ry.
  • Reisigers wat in ’n noordelike rigting van die casino af beweeg, sal van die nuwe verlegging op die R101 gebruik moet maak.
  • Verkeer uit Polokwane se middestad na Pretoria sal soos gewoonlik op die R101 na die N1 ry, maar sal van ’n nuwe wisselaar gebruik moet maak.
  • Motoriste wat van areas suid van die middestad in ’n noordelike rigting wil reis en van die N1 gebruik wil maak, sal eers suid op die R101 moet ry en dan toegang tot die N1-noord van die R101-verlegging naby die Meropa-casino moet kry.
Padverleggings van die N1 suid van Polokwane in Limpopo. Die pad word gesluit omdat 'n brug gesloop word. Foto: Sanral/Verskaf

    Meer oor:  Sanral  |  Brug
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.