Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Motorlisensie gaan jou meer kos

Die transaksiekoste vir motorlisensies styg vroeg volgende jaar met meer as 70%.

Die Justice Project South Africa (JPSA) het die minister van vervoer, Joe Maswanganyi, gevra om redes te gee vir die verhoging, wat onlangs in die Staatskoerant aangekondig is.

R72 (R30 meer as voorheen) sal van 1 Februarie gehef word op alle voertuiglisensiehernuwings as deel van die transaksiegeld wat aan die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) betaal word.

JPSA vra dat Maswanganyi die skerp verhoging regverdig of minstens verduidelik, veral in die lig daarvan dat die RTMC in gebreke bly om padveiligheid te verbeter en om die slagting op die land se paaie te verminder.

Die verhoging van die transaksiegeld kom neer op 71,43%. Die vorige minister, Dipuo Peters, het die transaksiegeld die vorige jaar van R36 tot R42 verhoog, wat op ’n verhoging van 16,67% neergekom het.

Inflasie in Suid-Afrika word tans op 4,8% bereken. Die nuutse verhoging oorskry die inflasiekoers byna 15 keer, sê JPSA in sy verklaring. – Wheels24

Meer oor:  Koste  |  Padveiligheid  |  Jpsa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.