Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Mpumalanga: 9 sterf in botsing

Nege mense het Vrydag gedurende ’n trompop-botsing tussen twee voertuie op die N11-snelweg tussen Middelburg en Hendrina in Mpumalanga gesterf.

Volgens ’n verklaring wat Vrydagaand deur Gabisile Shabalala, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, uitgereik is, sal die oorsaak van die ongeluk deur die owerhede ondersoek word. “Die pad is toegemaak vir motoriste omdat noodwerkers steeds op die ongelukstoneel is,” het Shabalala gesê.

EWN berig dat nege mense dood is toe ’n minibustaxi teen ’n vragmotor gebots het. Volgens die Mpumalanga News was die oorledenes werknemers by ’n plaaslike myn. Die bestuurders van beide voertuie is beseer en na die hospitaal in Emalahleni geneem. ’n Saak van strafbare manslag word deur die polisie ondersoek, het die publikasie berig.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Botsing  |  Ongeluk  |  Sterfgevalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.