Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
MRK gaan kyk wat in Alex aangaan
Betogings oor gebrekkige dienslewering, die toename in buitelanders, behuisingsprobleme en die hoë misdaadsyfer het Woensdag in Alexandra, Johannesburg, uitgebreek.Foto: Twitter

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) gaan Woensdag Alexandra in Johannesburg besoek om eerstehandse inligting in te win oor “die situasie op voetsoolvlak”.

Betogings oor gebrekkige dienslewering, die toename in buitelanders, behuisingsprobleme en die hoë misdaadsyfer in die gebied het Woensdagoggend vroeg in dié township in die noorde van Johannesburg uitgebreek.

Die MRK sê in ’n mediaverklaring dat Alexandra op ’n naaldpunt is en dat betogings eskaleer.

Die kommissie wil met die gemeenskap praat om uit te vind waaroor die betogings gaan.

Die kommissie sal ook met die Johannesburg-metro en die provinsiale departement van menslike nedersettings praat oor hul planne rakende die ontwikkeling van huise in die omgewing en ander sosio-ekonomiese ontwikkelingsinisiatiewe.

Meer oor:  Alexandra  |  Johannesburg  |  Betoging  |  Behuising  |  Dienslewering  |  Misdaad  |  Buitelanders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.