Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
M.T. Steyn-beeld by museum ingehuldig

Pres. M.T. Steyn se standbeeld sal met die 120ste herdenking van die Anglo-Boereoorlog (ABO), waarin hy ’n hoofrol gespeel het, ’n paar meter van sy graf af by die Vrouemonument in Bloemfontein onthul word.

Die omstrede Steyn-beeld voor die hoofgebou van die Universiteit van die Vrystaat (UV) gaan eersdaags verskuif en op 11 Oktober op die terrein van die Oorlogsmuseum onthul word.

Tokkie Pretorius, direkteur van die museum, sê die finale aankondiging sal op 20 Augustus gemaak word. Die proses het gesloer nadat AfriForum en kultuurorganisasies beswaar teen die skuif aangeteken het.

“Ek en die UV is hoopvol dat die Steyn-beeld reeds op 11 Oktober hier sal staan.”

'n Reuse-uitbeelding van die Slag van Modderrivier is te sien in die nuwe Paardeberg-museum op die terrein van die Oorlogsmuseum in Bloemfontein. Hier staan Tokkie Pretorius, direkteur van die museum, in die Paardeberg-museum wat na Bloemfontein verskuif is nadat vandale al meer skade aangerig het. Die museum word met die internasionale konferensie van 8 - 11 Oktober om die 120ste herdenking van die Anglo-Boereoorlog te vier, onthul. Foto: Charles Smith

Die onthulling sal saamval met die internasionale konferensie vir die 120ste herdenking van die ABO wat die museum aanbied. Altesaam 54 sprekers, wat internasionale kundiges soos prof. Stephen Badsey en prof. Edward Spiers insluit, se tema is

Prof. Fransjohan Pretorius sal die openingspreker op 9 Oktober wees.

’n Geselligheid word die aand van 9 Oktober op Steyn se plaas Onze Rust buite die stad gehou, wat steeds in die Steyn-familie se besit is.

Die nuwe Paardeberg-museum wat van Paardeberg na Bloemfontein geskuif is nadat vandale die gebou beskadig het, word ook in dié week hier onthul. Dié museum is oorspronklik in 1990 ingewy.

Dele van bomme en bomskerwe wat die vernietigingswerk by die Slag van Modderrivier onder die Boeremag van genl. Piet Cronje uitgevoer het, is te sien in 'n uitstalling in die nuwe Paardeberg-museum op die terrein van die Oorlogsmuseum in Bloemfontein. Foto: Charles Smith

Kartetse van bomme waarmee die Britte die Boeremag van genl. Piet Cronjé langs die Modderrivier gepeper het, is hier te sien, asook talle artefakte van die slagveld waar Cronjé met 4 000 burgers oorgegee het en Bloemfontein op 13 Maart 1900 in Britse hande geval het.

Die Dagbreek-trust het die geld vir die verskuiwing van die museum bewillig.

Die oorspronklike sink-en-hout-gebou uit die oorlog is sink vir sink na die museum verskuif. Die sink is in 1900 via Algoabaai ingevoer.

Die museum het ook al die kanonne, soos ’n Britse Long Tom, nuut geverf en na hul nuwe stellings op die terrein verskuif.

Pretorius sê ’n nuwe kindermonument en -labirint wat die lyding van kinders in die oorlog uitbeeld, gaan eersdaags op die terrein gebou word. ’n Groentetuin om kos vir minderbevoorregtes te kweek, sal is reeds aangelê. Daarby word ’n gronddam gebou om watervoëls na die museum se lowerryke terrein te lok.

* ’n Boererock-konsert word die aand van 8 Oktober in die museum se amfiteater gehou. Die Radio Kalahari Orkes sal hier optree. Ander kunstenaars sluit in Thabo Hlongwane, Dirk & Die Republiek, Mario Lategan, Jacobus Silwer en Cezanne Yzelle.

'n Voorstelling van die nuwe lydingslabirint vir kinders wat eersdaags by die Oorlogmuseum in Bloemfontein gebou gaan word.
’n Voorstelling van die nuwe lydingslabirint vir kinders wat eersdaags by die Oorlogmuseum in Bloemfontein gebou gaan word.
’n Voorstelling van die nuwe lydingslabirint vir kinders wat eersdaags by die Oorlogmuseum in Bloemfontein gebou gaan word.
'n Britse Long Tom-kanon staan gereed met sy nuwe kakie-unieform op sy nuwe plek voor die Oorlogsmuseum in Bloemfontein.
'n Britse Long Tom-kanon met sy nuwe kakiebaadjie word per hyskraan gelig om sy nuwe plek by die museum in te neem. Die kanonne spog met nuwe verf en staanplekke vir die 120ste herdenking van die Anglo-Boereoorlog wat van 8-11 Oktober hier met 'n internasionale konferensie gedenk word.
'n Stoomketel op wiele waarmee die Britse weermag die soldate se uniforms gekook het om van die luise ontslae te raak, word hier gelig vir sy staanplek vir die nuwe Paardeberg-museum by die Oorlogsmuseum in Bloemfontein.
'n Foto van die slagveld by Modderrivier in die Anglo-Boereoorlog is in die nuwe Paardeberg-museum op die terrein van die Oorlogsmuseum in Bloemfontein te sien. Genl. Cronje het hier met 4 000 burgers oorgegee. Foto: Oorlogsmuseum
Meer oor:  Anglo-Boereoorlog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.