Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Mufasa kry ’n satelliet-opsporingstoestel

Mufasa, die rondloperleeu van die Karoo Nasionale Park, gaan ’n satelliet-opsporingstoestel kry sodat hy nie weer ongesiens die wye wêreld invaar nie.

Dit gaan goed met die opgeskote mannetjie van 26 maande, sê Rey Thakhuli, ’n woordvoerder van Sanparke.

Mufasa Woensdag nadat hy op ’n plaas in die Sutherland-omgewing in die Noord-Kaap gevang is. Foto: Hester Obermeyer

“Hy gaan ’n tyd lank in ’n boma gehou word totdat ’n besluit geneem word of hy weer in die park vrygelaat of na ’n ander park verskuif word,” sê Thakhuli.

Nico van der Walt, bestuurder van die Karoo Nasionale Park, het Donderdag in ’n verklaring gesê die leeu “is in ’n uitstekende toestand” en “lyk baie gesond”.

Terwyl hy buite die park was, het Mufasa onder meer ’n eland en talle skape en bokke gevang. Hy weeg sowat 200 kg.

Hy het op 15 Februarie onderdeur ’n heining in die park gekruip en was 27 dae lank op vrye voet. Hy is Woensdag op ’n plaas in die Sutherland-omgewing in die Noord-Kaap, sowat 120 km van die park, uit ’n helikopter met ’n pylgeweer verdoof. Hy het die nag in Sutherland se polisieselle geslaap en is Donderdag na die park teruggeneem.

Hy was langer weg as sy voorganger, Sylvester, wat in 2015 ’n soekgeselskap 24 dae lank ontwyk het. In 2016 het Sylvester weer ontsnap en is daarna na die Kuzuko Lodge-natuurreservaat in die Oos-Kaap verskuif. Hy het intussen ook ’n pa geword.

Op Facebook meen mense Mufasa het geskiedenis gemaak deur die eerste leeu te word wat in ’n tronksel in Suid-Afrika slaap. Selfs die Britse koerant Daily Mail het oor sy nag in die selle berig.

Soos Sylvester het Mufasa ook vermoedelik die pad gevat nadat hy deur ander dominante leeumannetjies uit ’n trop in die park geskop is.

Meer oor:  Karoo Nasionale Park  |  Mufasa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.