Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Muldersdrift maak hart oop vir Zandspruit-slagoffers

Hoe los jy mense, hul kinders en diere wat letterlik elke aardse besitting verloor het, net so?

Shenan Cochrane van die Muldersdriftse brandbeskermingvereniging was so geraak deur die vernietigende brand wat Woensdag talle wonings in die Zandspruit-plakkerskamp platgevee het, dat sy binne ure die gemeenskap gemobiliseer het om te help.

Inwoners van die Zandspruit-plakkerskamp begin hul huise herbou, terwyl ander nog deur die rommel soek na iets wat dalk die vlamme vrygespring het. Foto: Shenan Cochrane
Die toneel wat helpers Donderdag begroet het nadat ’n brand minstens 28 wonings in die Zandspruit-plakkerskamp verwoes het.Foto: Shenan Cochrane

“Sommige inwoners het steeds Donderdagoggend, nadat hulle wat hulle kon red uit die as van hul verbrande huisies gekrap het, gaan werk,” sê sy.

Belinda Kayser-Echeozonjoku, DA-raadslid, sê volgens haar inligting is minstens 28 huise vernietig.

“Ons probeer nog vasstel presies hoeveel mense geraak is maar omdat sommiges vandag (Donderdag) werk toe is, is ons lys nog nie voltallig nie.

“Sover weet ons van byna 60 inwoners wat dakloos gelaat is,” sê sy.

Belinda Kayser-Echeozonjoku, wyksraadslid, help noodvoorrade uitdeel aan slagoffers van Woensdag se brand.Foto: Shenan Cochrane
Sommige ma’s en kinders het dadelik deur die kratte na iets warm begin soek. Foto: Shenan Cochrane

Kayser-Echeozonjoku was deel van die span wat Cochrane Woensdagmiddag nadergetrek het om te kom help.

“Dit is winter, en ek het besef die behoefte gaan groot wees. Ek het dus die raadslid en Albert Mathikge van die Shoprite- mobiele sopkombuis opgekommandeer,” sê Cochrane.

Sy het ook Woensdag ’n noodboodskap aan die Muldersdrift-gemeenskap gestuur.

“Binne 12 uur het ons genoeg klere, doeke, komberse, huishoudelike goedjies en hondekos gehad om vir elke huisgesin ’n houer vol klere en ’n bietjie kos te gee.

“Die Feed Shop-dierevoerwinkel het ingestem om as depot te dien waar al die skenkings afgelaai is.”

Vrywilligers help die talle skenkings van Muldersdrift se inwoners sorteer en pak. Foto: Shenan Cochrane
Talle wat Woensdagaand ná die brand met leë mae gaan slaap het, het Donderdag tougestaan vir ’n koppie sop en ’n broodjie.Foto: Shenan Cochrane
Kratte staan buite die Animal Feed Shop, gepak en gereed om na die Zandspruit-slagoffers geneem te word.Foto: Shenan Cochrane

Donderdagoggend het verskeie vrywilligers kom help houers pak en Mathikge het met sy “rooi lorrie met stomende sop” en broodjies ingetrek.

“Daar was ’n warm gereg vir die slagoffers wat kos- en haweloos gelaat is. Hierdie mense is baie getraumatiseerd, en hoewel Muldersdrift hul harte vir die mense oopgemaak het, is daar steeds ’n groot behoefte aan baba- en kinderklere en beslis nog komberse,” sê Cochrane.

Maar minstens vir een dag en aand was hul mae vol en het hul kinders warmer as die vorige aand geslaap, sê sy.

Meer oor:  Besittings  |  Verloor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.